Avatar of Kevin D

by

Reg of weg toer vir Stormers!

April 24, 2013 in Uncategorized

Stormers ondersteuners is tereg bekommerd; diesmeer sal die spelers en afrigters wees. Die Stormers sal tenminste twee wedstryde moet wen en 2 bonus punte per wedstryd in die ander moet behaal of hul kan maar die SA Groep-trofee wat die laaste twee jaar in hul trofeekas gepronk het, afstof en totsiens sê.

Vrydag die Hurricanes in die Koekblik is altyd ‘n moeilike affêre, Die Canes is die NZ se Cheethas of te wel Franse. Hul speel aanvallende hardlooprugby en weet hoe om vyfpunters te behaal. Gary van Aswegen sal nou moet stempel afdruk. Hy sal moet geleenthede skep want Jean de Villiers en Juan de Jongh is SA se beste senter kombinasie tans, en kan die voordeellyn breek met krag of voetwerk.

Daarna wag die Blues, die Waratahs en die Rebels. Die Rebels kan dalk as die enigste oorwinning gesien word, alhoewel vanjaar was daar al baie groter skokke as wat ‘n Rebel oorwinning oor die Stormers sou wees.

Balle op die Guillotine: (my keuses in Bold)

Hurricanes vs Stormers

Reds vs Blues

Chiefs vs Sharks

Brumbies vs Force

Bulle vs Waratahs

Cheetahs vs Kings

Crusaders vs Rebels

 

15 responses to Reg of weg toer vir Stormers!

  1. Aan die begin van die seisoen was die Stormers se toer gesien as ‘n “maklike” toer. Nou nie meer nie.

    Canes: Speel te losgat rugby met effens beter verdediging as laas jaar en sleutelspelers nie heeltemal daar nie. Stormers se verdediging behoort hulle in toom te hou. Stormers.

    Blues: Baie wisselvallig in hulle vertonings. Watter Blues span gaan opdaag?

    Waratahs: Het ewe skielik laat week ontdooi en die Chiefs veral voorlangs ore aangesit. Sal maar moet sien of dit aanhou.

    Rebels: JOC kannie alles alleen doen nie.

    Die naweek:
    Stormers, Reds, Chiefs, Brumbies, Bulle, Cheetahs, Crusaders

  2. My maat, my superbru predictions is so pateties die jaar dat dit nogals gevaarlik vir enige span is as ek ‘n prediction op hul maak! Maar miskien as jy vir my ‘n footjie oorbetaal sal ek elke keur teen die stormers gaan wat dan basies ‘n wen vir hulle sal waarborg!!! :)

  3. Nie ons jaar nie, Simple as that.

  4. Dit is make of break ek stem, ek glo ons moet ten minste 3 uit die 4 games wen, en gewoonlik toer die stormers goed, maar hierdie jaar is dinge maar bietjie deurmekaar. Die Canes gaan tough wees, met of sonder Savea. Die res, who knows, maar as hulle 3 uit 4 kan wen sal hulle met meer vertroue terugkom huistoe en definitief die play-offs haal.

    Party mense glo dis die naweek van die B’s en C’s! :)
    Blues; Bulls; Brumbies; Cheetahs; Chiefs; Crusaders!

    Ander glo al die tuis spanne gaan wen.

    My vraag is, is ‘n Hurricane sterker as ‘n storm? :(

  5. Lag Ek nou vreeslik lekker. “Jean de Villiers en Juan de Jongh is SA se beste senter kombinasie tans”….. JJ En Jan het byvere beter gespeel die afgelope naweek as wat daai twee kan droom…. hahaha grap sommer maar net. maar Hulle problem le by ou skilpad. moet I nuwe no 12 kry

  6. Canes
    Reds
    Chiefs
    Brumbies
    Bulls
    Cheetahs
    Crusaders

    All home victories this weekend. I cannot see the Stormers or Sharks winning this weekend on current form, but still expect them to come close for the bonus point loss.

  7. My keuses vir die naweek:
    Stormers, Reds, Chiefs, Brumbies, Bulle, Cheetahs en Crusaders.
    Ek weet nie of ek my verbeel nie, maar dit wil voorkom asof al die spanne baie beter is op verdediging, reken Jake White het n invloed op die Aus. spanne. Die NZ spanne le ook nou meer as normaal klem op verdediging en hulle skop ook meer.
    Skydregters sal moet wakker raak, die spelers gebruik al meer truuks om voordeel te kry, pleeg obstruksie by skoppe en verdediging, skrum skuins in, hou spelers terug op verdediging, haal spelers uit by losskrum en hou hul vas agter die losskrums en ook om skuins in te kom by die los.

  8. skeidsregters moet spanne straf want die meeste kere is die verdedigende span nie agter die ‘laaste’ voete nie!

  9. darquan, save option and probably the correct option. Canes is good at home

  10. beter teen die Kings senters. wow! ;-) jean is die beste SA opsie. hy klop enige SA senter as hy bal in hand het.

  11. 12duim, like jou beskrywings en uitkyk. soos ‘n vars briesie. die Stormers verwys ook egter na Stormtroepe, so hul is getrain om ‘n Hurricane te kan weerstaan :-)

  12. Kevin die Stormers speel in Palmerston North nie in Wellington nie.Hul voorspel so 12 grade en moontlik reen.

    Stormers
    Reds
    Chiefs
    Brumbies
    Warratahs
    Cheetahs
    Crusaders

    Groete

  13. thanks Redge. het sopas agter gekom

  14. Mooi manne!!Kyk jy kry miskien net so k@k soos Steve Walsh maar nie k@kker nie!Dis nou die 2de game agtermekaar wat hy vuisslaan maar niks oorkom nie.Tot die NZ kommentators reken hy het met moord weggekom.Dan noem hulle Bakkies n vuilgat!Al verskil is Bakkies word gekaart en hierdie etter nie.Kyk bietjie die Crusaders game teen die Highlanders hoe is daar geslaan maar niks agterna gesê nie.

    Enige ou wat iets van rugby af weet wat steeds reken skouponie is beter as Vermeulen moet vir n scan gaan.Great game Duane en Elstadt was nie ver agter nie.Nou nog net Etsebeth terug dan sal ons kook.Ons skrum was baie goed en lynstane beter.Storie is dat Ali Williams volgende week vir Etsebeth sal tart en uitlok.Kom ons wag en kyk!

  15. LOL daar het n sin in my laaste kommentaar verdwyn!Dis nie Walsh wat vuisslaan nie dis daai Franks karakter

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Switch to our mobile site