Profile photo of Kevin D

by

Jantjies vs Steyn, Lambie vs Goosen! Let the games begin!

February 20, 2013 in Uncategorized

Alhoewel dit alreeds afgeskop het ‘doer onder’ sal die meeste ondersteuners hierdie naweek die vure aansteek en ‘karate-sap en coke’ gooi en looi.

Dit begin met van die grootse derbies in al drie lande. ‘Doer onder’ kry jy nie groter as Queensland teen Nieu Suid Wallis nie. Dit is Oz se twee oudste rugby-unie state. Suncorp sal die gas wees vir die Reds (kampioen van 2011) teen die Warathas. Baie voel dat die Reds sonder Will Genia, vir Quade ‘super’ Cooper nie so ‘super’ maak nie. Die Warathas het ook ‘n nuwe liga-AFL aanwins in Israel Falou. Hy is groot, sterk en vining. Hy verstaan nog nie lekker die reels nie, dit gebeur mos as jy ‘n liga-ster dan ‘n AFL-bemarkings-wa was en nou die ‘upper class’ spel moet speel. John Kirwan reken Falou kan dieselfde inpak op rugby maak as $onny Bill Williams! Sal interessant wees, Falou se ontvangs hier op Suncorp waar hy sy rugby-liga vir die Brisbane Broncos gespeel het. Nou is dit ‘n nuwe kode en hy is ‘n ‘kakkerlak’, die bynaam vir NSW mense!

‘Across the ditch’ van Oz, is die Kiwi ‘groothond’ die Crusaders nog nie in aksie nie en die Hurricanes vs Blues in die ‘koekblik’, die hoofgereg. Sal die teleuerstellende Blues vanjaar onder die All Black-legende, John Kirwan kan opstaan? Die invloed van Heer Graham Henry as tegniese adviseer, sal beslis bydrae tot hierdie moontlike herrysing. Die Blues  verliese van Tony Woodcock en Ma’a Nonu sal egter gevoel word.

Die Highalnders vs die Chiefs is selfs nie te versmaai nie. Die Highlanders het verlede jaar soos William Wallace’se begin en sal met Ma’a Nonu, Tony Woodcock en Brad Thorn baie ervaring by kry.

Maar die grootse veldslag sal in die Republiek wees. Noord teen Suid! Die ossewaens sal weer optrek Madeliefieland toe en dit behoort soos altyd burgeroorlog wees. Die Bulle sal beter wees as verlede seisoen. Hul probleem le egter in spankeuses. Is hul kaptein, Pierre Spies, ‘n skouponie en die John Smit van die Bulle? Sommiges voel tereg dat Arno Botha beter is. Jan Serfontein moet ook vanjaar speel. Vergeet daai bog van in watte toedraai! James O’Connor, Ben Tune, Frans Steyn, Kurtley Beale, Schalk Burger en kie was oud genoeg omdat hul goed genoeg was!

Die Stormers sal Eben Etsebeth, die wêreld se nuwe ‘Enforcer’ mis, maar moet nie bekommer nie. Ryndardt Elstadt, as hy sy passie en aggressie reg kan kanaliseer is ook Bok-gehalte! Die individuele stryde en gevegte vir Bokposisies gaan daar beslis wees.

Andries Bekker vs Juandre Kruger, Pierre Spies vs Duane Vermeulen met Morne Steyn vs Elton Jantjes die kaviaar! Elstadt en Deon Fourie sal ook ‘n vroëe boodskap wil stuur dat hul enige tyd hul plek in die Bokgroep kan volstaan met tweestryde teen Flip van der Merwe en Chilliboy Ralapele.

Die Cheetahs sal egter die onderspit delf teen die ‘Vrystaat B-span’, die Haaie. Die individuele tweestryd tussen die Bokke se voorste aanspraakmakers, Johan Goosen en Patrick Lambie is KFC lekker!

 Die ander interessante stryd is teen die nuweling, die Kings vs Oz se swakste, die Force. As daar een wedstryd is wat die Kings ‘n kans staan is dit hierdie een!

Sit jul Balle op die Guillotine (my keuses in Bold)

Highlanders vs Chiefs

Rebels vs Brumbies

Bulle vs Stormers

Hurricanes vs Blues

Reds vs Warathas

Cheetahs vs Sharks

Kings vs Force

 Baylion: Hihglanders Brumbies Stormers Hurricanes Reds Sharks  Force

 

13 responses to Jantjies vs Steyn, Lambie vs Goosen! Let the games begin!

  1. Ek het die Stormers op vir ‘n wen maar ons sal moet sien of al die nuwe kombinasies kliek, net die slotpaar en die lostrio “ken” mekaar.

    – Nuwe voorry
    – nuwe skakelpaar
    – nuwe senterpaar
    – nuwe heelagter

    teenoor buie Bulle wat net eintlik Lionel Mapoe nuut in het.

    Die Clan, Brumbies, Stormers, Canes, Reds, Sharks, Force om te wen

  2. Valid points BayLion. dit is juis daarom dat ek Jean op 12 sou gespeel het. met 9/10/12 nuut sou Jean ‘n meer ervare opsie op 12 gewees het. die anderkant is ons weet wat om te verwag van die Bulle. hul gaan skop, skop, skop en Aplon, Habana en Taute kan counter.

  3. Die Cheethas se backline lyk opwindend

  4. so ook die Sharks

  5. Jis dit was nou ‘n lekker lees. Dankie.

    Ag ek gaan gou ‘n bietjie van ‘n risiko neem met die een. Nie lus om die ‘obvious’ keuses te roep nie.
    Chiefs, Brumbies, Stomers, Canes, Thas, Sharks en … wag vir dit… Kings!
    Hou nog altyd van die Chiefs, het goeie vriende wat daar bly en hulle rubgy is nie te k@k nie. Jake lyk of hy sy boring rugby kan ‘match’ met die boring aussies. Altay ‘n Stomers, Suck it Bulle! Canes speel die mooiste rugby en al rus hulle al hulle ABs is dit nog steeds ‘n opwindende span. Aussie Bulle is altyd taai en Reds lyk nie na veel nie. Kan moontlik die swakste span van die Aussies wees die jaar. Sharks sal wen want hulle is ‘n kwaliteit span, al begin hulle nie altyd so goed nie. En dan laaste die Kings. Ek hou van hulle, ek wil he hulle moet goed doen. En ek sal nooit vir ‘n Aussie span skree nie. Selfs al speel hulle teen die Engelse dan kyk ek rolbal or ONE HUNDRED AND EIGHTY…darts vir die wat nie weet nie.

  6. Two Cents, ek hoop ook die Kings wen Saterdag. ek sal hul ook vs die Reds en ander Aussie spanne support maar om die Poms bo die Aussies te kies….eish! Chiefs se groot ster SBW is nie daar nie. die Highalnders tuis, gaan ‘n lekker een wees!

  7. Hi Kev

    Highlanders
    Brumbies
    Stormers
    Huricanes
    Reds
    Sharks
    Kings (As hulle nie die een wen nie, gaan hulle niks wen nie. Ek hoop vir vlou Force agv travel en super Kings omdat hulle n punt wil bewys en dis tuis.)

  8. Diesel die Kings sal ‘pumped’ wees maar hul het nie kwaliteit nie, veral as hul beserings gaan op doen is dit nag. maar dit is goed dat spanne ‘n bietjie Baai toe gaan! jy kies die Reds???

  9. jis ou,

    ek dink Falou gaan beter wees as Sonny Bill. hy was ‘n freak vir die Storm en Queensland.
    go Stormers!!

  10. Falou, was op vleuel vir die Broncos en Qld. hy speel nou heelagter in union, so niemand weet of hy kan skop nie. as hy by AFL geleer skop het is dit ook nie dieselfde grootte bal of tegniek nie? Nes Lote en Wendall gaan sy skopwerk en posisionele spel getoets word. lekker interessant om te kyk hoe hy more aand gaan vaar.

  11. Hihglanders Brumbies Bulle Hurricanes Reds Sharks Force

    Nuwe jaar … ons sal maar moet wag en sien of Big Vic n verskil kan maak by die bulle se wesdstrydplan en met watter skopvoet morne die jaar gaan speel.

  12. Jislaaik … genoeg surprizes in rondte 2

    Antjie het so amper die eerste dikstingel gevat .. 6/7 is ook goed

    As daai burger nie saamspeel nie bou ek sommer self n rugby chat website

  13. What’s up mates, pleasant article and fastidious
    urging commented here, I am truly enjoying by these.

    my web site :: moving calculator

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>