Avatar of Kevin D

by

Storm(ers) agtige missie wag vir SA Vlagskip!

February 19, 2013 in Uncategorized

Die Stormers, SA se vlagskip die afgelope twee jaar, het vanjaar ‘n moeiliker pad om te seil. Die Haai-ondersteuners sal seker nou frons, aangesien hul ‘piesangmanne’ dan verlede jaar die Stormers op Nuweland in die halfeind geklop het, dat die Stormers nogsteeds SA se Vlagskip is. Die feite bly dat die Kapenaars die afgelope twee seisoene die SA-konferensie beker in hul trofeekas het. Net omdat hul ‘kompas van koers’ geraak het in die semi-finaal, beteken nie dat hul nie die trots van die Republiek was nie. Hul het minder wedstryde as die Haaie verloor; bo die Haaie op die punteleer geeindig en was die beste verdedigende span in die kompetisie. Dit is mos wat ‘n Vlagskip is; jou land se beste skip in ‘n oorlog!

Die Stormtroepe gaan met die intrapslag drie kritiese veldslae moet oorkom om die Super15 oorlog te wen. Waar hul in 2012 met naelskraapse oorwinnings afgeskop het teen die Bulle en die Haaie op Nuweland, is die gras beslis nie groener daar in Pretoria of Durban. Haai-ondersteuners sal goed onthou dat Keegan Daniel se kopontploffing, tot ‘n kritiese strafskop in die doodsnikke op Nuweland gelei het.  Peter ‘Bash’ Grant het dit koelkommer oorgeklits en die Stormers was ietwat gelukkig om met glimlagte af te stap.

Vanjaar skop SA se Vlagskip egter met die intrapslag af teen die Bulle op Loftus, die Haaie in Durban en dan die verdedigende kampioene, die Chiefs op Nuweland. Die Stomers het nie verlede jaar teen die Chiefs gespeel nie. Realisties kan die Stormers al drie verloor en dit kan paniek veroorsaak. Afrigters sal dan kopkrap en selfvertroue kan ‘n groot knak vat. Daarna raak dit ook nie makliker nie, met tuiswedstryde teen Jake White se ‘wilde perde’ en die Crusaders. Tog sal dit nie noodwendig die doodsklok wees nie; kyk maar hoe het die Haaie na hul swak beging laasjaar terug geveg.

Die Stormers speel vanjaar nie teen die Highlanders of Force nie. Albei is die ‘makliker’ oorsese spanne, veral as hul Nuweland toe sou moet reis.

Die Stormers se groep is vanjaar beslis versterk; tog bly die skrumskakel posisie nogsteeds waar die Stormers te kort skiet.  ‘n Jaco Taute, Michael Rhodes, Pat Cilliers en Elton Jantjies verskaf kwaliteit diepte. Taute behoort ‘n besliste in die begin vyftien te wees. Jantjies gaan moet kyk of hy die antwoord kan wees vir meer aanvallende spel wat sal moet lei tot meer vyfpunters. Die Stormers sal vanjaar moet bonuspunte behaal vir vier driee of meer, om in die wedloop te bly.

Is Jantjies egter beter as Peter Grant? Toegegee dat Grant dalk nie in die semi-finaal sy stempel kon afdruk nie, tog was hy SA se akkuraatse skerpskutter laasjaar. Verskeie van sy breekslae het gelei tot individuele driëe of het ander geskep. Grant was ‘goed genoeg’ om bo Morne Steyn in die Bokgroep te gewees het. Nee, ek sê nie hy is beter as die belowende Johan Goosen of wonderkind Pat Lambie nie, maar wat het Steyn gedoen om die groep te haal? Oops, vergeet hy is ‘n Bul!

Jantjies se verdediging is meer verdag as Grant sin. Bietjie raad aan Allister Coetzee en Robbie Fleck. Grant is nie ‘n binnesenter nie. Een, hy is nie groot en sterk genoeg om as direkte baldraer , oor die opponent en die voordeellyn te kom nie. Twee, hy is te stadig van die merk af, ‘n vereiste vir ‘n binnesenter. Drie, hy het nie natuurlike ‘dansvoete’ soos ‘n Juan de Jongh nie. Vier, Grant het ook nie die $onny Bill Williams vermoë om die retensie-aangee (offload) tydens kontak uit te voer nie.

So vergeet daai idee. ‘n Noodgeval ja, maar nie ‘n strategiese skuif nie!

Kan die Stomers vanjaar die Kaap weer Hollands maak? Hul het die groep; genoeg wêreldklas spelers, kontinuiteit en diepte? Maar selfs die bestes het ook geluk nodig!

Kom ons Storm saam!

5 responses to Storm(ers) agtige missie wag vir SA Vlagskip!

  1. Ek dink die oplossing op skrumskakel vir die stormers is Nic Groom, ongelukkig word hy nie baie hoog geag daar nie!

  2. Guntz, ek het so paar CB games kon sien laasjaar en ek hou nogal van ho. ek verkies hom bo Schreuder. Duvenhage is nei ‘n threat rondom die losskrums ens nie.

  3. Groom is gekies om teen die Bulle te begin.

  4. Jip hulle het die moeilikeste eerste 5 wedstryde in die komp.
    Maar soos AC gesê het hulle sal eerder so afskop as wat om se te eindig.

    Dink net as hulle 3 of 4 van die 5 kan wen dan sal dit hulle in baie goeie posisie plaas om hoog op punte leer te eindig.

  5. Gen die probleem is dat as jy 3/4 van daai games verloor(wat wel kan gebeur), dan is daar ‘n knak in die selfvetroue. Nee, wat AC moet so sê. wen kweek wen gewoontes, nie verloor nie.

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Switch to our mobile site