Profile photo of Kevin D

by

Nuwe reel veranderings….’n verbetering?

February 17, 2013 in Uncategorized

Na ‘n paar wedstryde is daar geen besliste antwoorde nie. Daar is elf veranderings wat die IRR deurgevoer het. Die meeste is om die spel meer aanvallende, opwindend, toeskouers-vriendelik en vinnger te maak. Werk dit? Hier is sommiges.

Die skrum se ‘couch, touch set’ ipv ‘crouch, touch, pause and engage, het nie werklik ‘n verskil gemaak in die wedstryd tussen dieBrumbies en Reds nie. Sommige skrums het ineengestort sonder strafskoppe en ek was geensins teen Mark Lees se interpretasie nie, want strafskoppe vir ‘n skrum wat grond toe gaan is soos ‘n Lotto. Sulke strafskoppe het al tot te veel kontroversiele uitslae gelei. Lees, het egter te lank gevat om die ‘set’ bevel te gee. Dit was amper soos ‘n stil ‘pause’ gewees en albei spanne was gestraf vir vroee inslag.

Die vyf sekonde toepassing van die bal by losskrums onder die agterste man se voete is om te verhoed dat spanne die klok laat aftel. Wat beteken dit vir afrigters en spelpatrone?

Een; dit gee nou vir die verdedigende spanne minder tyd om hul verdedigende lyne op te stel. In beginsel goed want dit bevoordeel die aanvallers. Die probleem is dat die skeidsregter nou ‘n arends-oog moet he, omdat die verdedigende spanne nou flankeer met die onkantlyn. 

Twee; kleiner, vinniger, ratser en beter besluitmende skrumskakels word bevoordeel. Will Genia, Aaron Smith, Francois Hougaard en kie sal nou ‘n groter rol as langer en stadiger skrummies soos Ruan Pienaar en Mike Phillips speel. Skrummies se diens sal ook opgeskerp moet word en die wat nie so flink na albei kante kan uitgee nie, sal die spel vertraag vir aanvallende spel aangesien hul  een of twee tree passies sal uit voer voor die bal uitgegee word.

Die vinnige ingooi vir lynstane, enige plek van waar die bal uit was en die hoekvlag, sal die assistant-skeidsregters moet laat kophou. Baie meer spelers sal nou in ‘n onkant posisie wees, veral as hul die skop gevolg het. Dit sal ook die TMO laat werk vir sy geld aangesien die skeidsregter nou twee fases terug kan laat kyk vir enige ander foute of ontgeoorloofde spel.

Die neem van ‘n vervyfskop binne 90 sekondes nadat die vyfpunter behaal is, sal nie veel van ‘n invloed he nie. In baie gevalle word die TMO genader en dit kan soms lei tot baie minute voor die drie toegeken word.

Die ekstra voorry op die bank, maak baie sin. Nie net vir beserings nie, maar ook vir taktiese beplanning.

Ongelukkig bly die reel vertolking van die ‘bal besit’ by die duikslag nogsteeds ‘n skiedsregters oordeel besluit. Dit is soms net onmoontlik vir die verdediger om ‘n veilige poging aan te wend om weg te rol. Dan moet dit ook in ‘n knipoog gedoen word. Belaglik!

Die rol van die oopkantflank, nes laasjaar, raak alhoe minder krities. Oopkantflanke wat nie ander vaardigehede het nie, se dae is getel. Heinrich Brussow, Deon Stegman en kie se spel is verouderd. Hul staan te veel strafskoppe af want hul is te gretig. David Poccock is selfs besig om hierdie strik te val. Wen jy een omgekeerde besit maar staan drie strafskoppe af, beteken nie dat jy goed is nie.

Oopkantflanke, moet slim wees en dit is hier waar Meneer Richie McCaw in ‘n klas van sy eie is met Francois Louw nou ook een van die bestes op die planeet. Hul staan selde strafskoppe af en het gewerk aan hul baldraende vaardighede! Omgekeerde besit is minimaal vanaf die eerste twee fases, gewoonlik na die derde fase is daar minder spelers betrokke by die kontak situasie en dit is hier waar jou hakers (ekstra flank) gewoonlik effketief is want jou oopkantflank is meestal betrokke en vasgevang by die eerste duikslag stryd.

Wat dink jy? Wat sal jy verander in die reels van rugby?

6 responses to Nuwe reel veranderings….’n verbetering?

  1. Sanzar het besluit om nie die ekstra voorry op die bank te speel hierdie jaar nie. Hoekom weet ek nie want dit maak sin.

    Dit was altyd vir my belaglik om “pause” te roep. Pause is a wagtyd al klaar, nie nodig om te roep nie. Soos ek verstaan wag die ref tot die twee pakke stil (stewig) staan is voor hy “set” roep en dit kan dus wissel hoe lank die wag is wat nadelig kan werk een of ander kant toe.

    Wat vir my interesant was, ek dink in die Brumbies game, was dat twee keer vroeg bind dan word dit ‘n strafskop

  2. Ai Kevin, jy kyk seker min Cheetah rugby want as jy doen sal jy sien Heinrich se baldraende vermoë is ook deesdae goed. Kyk bietjie laasjaar se game teen die bulle waar hy ‘n drie gedruk het.

  3. guntz27, hy het verbeter, maar staan nogsteeds strafskoppe af by die afbreek punte. hy is te gretig om te oortuig. hy kan gaan leer by McCaw en Flo. hul is meer daar om besit te vertraag as te steel. hul oordeel is baie beter van waneer te porbeer steel of nie

  4. Baylion, daai strafskop was nogal vreemd. word ‘n span na elke twee vroee inslane gestraf met ‘n strafskop, of as die span alreeds meer as twee keer vroeg ingeslaan het, word dit elke slag ‘n strafskop daarna?

  5. Te veel berus op die skeidsregter se oordeel,die intervarsity van die Maties het die skeidsregter so lank geneem om “set” te roep dat jy omtrent twee keer “pause” tussen in kon roep.Wat beteken dit om te “touch”,moet die hele voorry mekaar raak of nie,meeste kere mik hulle net en raak hulle nie,sou dit n verskil gemaak het as hulle net “crouch” gese het en dan wag tot die skum stilstaan en dan “set” geroep het.
    Hierdie jaar lyk dit asof, hand op die grond, nie meer so ernstig is nie,n paar keer is dit al gedoen en nie gestraf nie. Hulle kan gerus weer die skewe ingooie by die skrums weer begin straf,dit sal die beter skrum dan bevoordeel soos dit vroer jare die geval was.

  6. EPK, goeie punte. ek stem ook met jou skrum calls. crouch & set, sal voldoende wees. ek het ook ‘n moerse ding oor skuins die skrums voer. as ek blaas straf ek die skrummie die eerste slag dat hy dit doen en dan doen albei dit nie weer nie. dit is verdomp rugby unie en nie liga nie!

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Switch to our mobile site