Maak Flo Bokkaptein!

Met al die spekulasie dat Jean de Villiers op sy laaste bene is en dus moontlik die laaste keer is dat hy die (K) agter sy naam sal he, word daar nou al bespiegel wie die volgende leier van die Boktrop moet wees.

Jou kaptein moet die beste is sy posisie wees. Hy moet toetsgehalte wees en die spel op en vanaf die veld verstaan. Hy moet ‘n rolmodel wees en dus ‘n skoon karakter is krities. Hy moet gerespekteer word deur sy mede-spelers en die publiek. Meeste verkies dat die leier ‘n voorspeler moet wees. Vir my is dit ook uiters belangrik dat hy ‘n slim speler moet wees en op sy voete kan dink. Heyneke Meyer sal ook iemand soek wat sal inkoop by sy wedstrydplan.

Francois Louw is die man! Hy het in al die toetse vanjaar gekook en alhoewel hy nog nie MR Richie McCaw is nie, is hy in dieselfde klas as ‘n David Poccock of Michael Hooper. Flo staan egter minder strafskoppe as as laasgenoemde twee. Flo het ook ‘n einde gebring aan al die ‘one-hit wonder’ Heinrich Brussow fans. Flo is baie fisies en sy verdediging ook toetsgehalte. Hy is Bath se kaptein.

Bismarck du Plessis en Pierre Spies is seker die sterkste kandidate in Meneer Meyer se gedagtes. Adriaan Strauss het die afgelope jaar ‘n lelike spanner in daai wiel gegooi.

Schalk Burger kan ook dalk op die kortlys wees? Andries Bekker en  Dewald Potgieter kan groot buiteperde wees om die kortlys te maak.

Meneer Meyer sal nog ‘n fout begaan indien hy Adriaan Strauss aanstel. Bismarck du Plessis, op vorm, is nie net die beste haker in die wereld nie; maar kan dalk eendag ook uittree as die beste haker ooit! Bissie het ongelukkig te min ondervinding. Indien Meneer Meyer hom oorweeg, sal hy vir ene John Plumtree moet vra dat Bissie die Piesangboere volgende jaar moet lei. Dit kan egter ‘n klap in die gesig van Keegan Daniel wees maar vir nasionale belang (en Bokrugby moet altyd eerste kom), broodnodig.

Gaan Schalk Burger weer die kapteinskap oorneem by Jean de Villiers vir die Stormers in 2013? Gaan Schalk Burger deur Heyneke Meyer as no 6 of 7 flank oorweeg word? Tans Flo-reer Louw so dat dit moeilik sal wees vir Burger om net terug in te stap in die Bokspan. Burger op sy beste is wereldklas en die uwe so hom in Willem Alberts se plek kies as no.7 Bokflank. Alberts speel 2/3 goeie toetse. Hy sluit nogsteeds nie sy arms nie, en alhoewel hy as baldraer oor die voordeellyn kom, gaan hy gewoonlik grond toe. Burger kan ook ‘offload’ en dit is ‘n vaardigheid waaraan alle Suid Afrikaanse spelers kan werk aan.

Wie dink jy moet die volgende Bokkaptein wees? (Stem op peiling)

  1. bosbefonk:

    Dis ‘n moeilike een hierdie. Ek dink strauss sal ‘n uitstekende kaptein wees maar dan sit ons met dieselfde Barney / Bizzie scenario. Schalk is ook ‘n opsie maar sal hy vir Flo, Alberts of Duane uitspeel? Juandre is onervare maar sal hy nie dalk ‘n goeie belegging vir die toekoms wees nie? Hy het inderdaad ‘n B.Com graad so daar is pitte tussen die ore…

  2. Kevin D:

    Junadre sal nie span maak as Bekker reg is nie.

  3. Morne Carstens:

    HI Kevin

    Dit is nogala n interessante onderwerp hierdie wat baie debat en opinies kan uitlok….

    Ek glo ook dat FLO n baie goeie opsie sal wees, maar die feit dat hy nie in SA speel nie, mag dalk teen hom tel?

    Meyer sal waarskynlik na Pierre Spies terugval wat my na n volgende vraag lei- Moet daar nou gekarring word aan ons losvoorspelers? Wie gebruik ons op die pad vorentoe….

    Persoonlik dink ek ook soos jy se vervang dalk ALberts met Schalk Burger en gebruik alberts as impakspeler of na gelang van die omstandighede of spelpatroon wat vir die dag vereis word.

    Ek gaan seker gekruisig word vir my volgende opmerking, maar dit wil voorkom of Pierre na sy siekte sy manier van spel heeltemal verander het, dit wil amper voorkom of hy spoed verminder voor kontak en amper soms traag voorkom….ek weet nie of dit die beste resep tans is nie en of dit nodig is vir die huidige spelpatroon nie?

    My losvoorspelers vorentoe: Flo, Kolisi, Alberts , Coetzee,Vermeulen,Burger (Deon Fourie as wildcard)

  4. Baylion:

    Moeilike een. Bizzie het nog nooit vir my uitgestaan as ‘n leier nie, Adriaan wel. Adriaan het goed sy kans gebruik hierdie jaar maar die hakerpligte gaan gedeel word want Bizzie en Adriaan het versillende “skill sets” en speel totaal verskillende style van rugby. Enn van hulle as kaptein en die kaptein gaan groot dele van wedstryde op die bank sit.

    Dewald en Bekker is nie eens opsies nie.

    Flo het baie gegroei as speler sedert hy sy tasse gepak het Bath toe and ek dink Schalk gaan sukkel om terug in die span te kom. Hy kan ‘n goeie opsie wees

  5. Hennie:

    Ek is nie so seker Bekker is beter as Kruger nie, maar dit daar gelaat. Na my mening sal Bismarck die idiale kaptein maak, hy het ook ‘n B.com graad so ver ek weet, en hy is die beste in sy possisie,speel hard , is ‘n senior speler. Die vraag is hoekom kies die Sharks hom nie as kaptein nie. Hy was mos die bokke se onder-kaptein hierdie jaar???

  6. Hennie:

    Flo is nie ‘n slegte opsie nie, maar ek dink die feit dat hy oorsee speel tel dalk teen hom. Sal beter wees as hy hier gedurende die s15 met die manne kan skouer skuur

  7. GROENIE:

    weet jy, ekt die selfde gedink die naweek maar die feit dat hy oorsee sy rugby speel maak dinge nie vir hom maklik nie. as hy terug kom en in RSA sy ruggas speel kan ek amper waarborg dat hy n baie goeie kaans gaan staan om kaptein te word

  8. guntz27:

    Wel die man met die beste leierskap vermoë is verseker Adriaan Strauss, maar ek wil nie he Bismarck moet op die bank wees soos met die John Smit era nie.

    Pierre Spies is nie ‘n bokkaptein nie. Bismarck sal ek ook nie kies as kaptein nie.

    My twee kandidate sal Schalk Burger en Flo wees alhoewel ek Juan Smith sou verkies het maar ek weet nie of hy ooit weer die groen en goud sal dra nie.

    As ek moet kies tussen Flo en Schalk sal ek tien ten een vir Schalk gaan.

  9. GEN DE LA REY:

    Flo is ‘n baie goeie opsie maar ‘n kaptein moet in die land speel. En hy is nog gekontrakteer tot en met middel 2014. So weet nie hoe dit gaan tol nie.

    Ek dink HM is besig om, meskien nie 2013 nie maar 2014, vir Arno Botha as die Bokke se volgende agsteman en kaptein op te lei.
    Arno het die SA o/21 gekaptein en gaan een van die dae vir Spies lig by die Bulle.

  10. Kevin D:

    Hennie, dit is ‘n probleem maar ek is seker Flo se kontrak sal hom vry maak of SARU sal dit kan doen as hy Bok kapt sal word. hy sal verseker terugkom as hy Bok kapt moet raak

  11. Kevin D:

    Groenie as HM hom wil kies sal SARU ‘n oplossing kan vind en hom terug kry in SA.

  12. Kevin D:

    Juan is ‘n hasbeen, nie die toekoms nie. Schalk kan ook no.8 speel met DV op 7 en Flo op 6. Schalk het natuurlik wereld respek. Hou HM egter van hom?

  13. Kevin D:

    het hopeloos te min van Arno gesien sover om hom te kan beoordeel. hy sal eers ‘n dikstingel op S15 vlak moet wees.

  14. guntz27:

    Daar is twee sê-dinge wat op die site heeltemal te veel gebruik word en uit proporsie geruk word deur nie common sense te gebruik nie. Die een is “injury prone” en die ander is “has been”.

    Ons kan nie sê of Juan ‘n “has been” is nie want hy het ‘n jaar laas gespeel en voor sy besering was hy die beste flank in die wêreld.

    Wees versigtig watse woorde jy rond gooi.

    Daar was dieselfde van Os Du Randt gese voor sy terugkeer uit uittrede en kyk wat hy toe gedoen het?

    Die blaaskans kan dalk net vir Juan goed doen aangesien hy baie gespeel het voor sy besering.

    Ek glo HM sal vir Schalk kies, hys een van die beste spelers en gee altyd 150%. Hy is soos Bissie in baie opsigte maar hy het sterk leier eienskappe.

  15. Kevin D:

    Guntz daar is ook hd mening dat sekere spelers ook so briljant is. Juan het 1/3 goeie games gespeel voor hy beseer was. hy is te oud en nie die toekoms nie. die Bokke moet bou vir die WB, nie in ‘n time machine klim nie. dit is net Cheethas wat nog dink Juan en Brussow is goed genoeg!

  16. guntz27:

    Soos julle wat dink Jean De Villiers is die kat se snor.

    Ek weet hulle is goed genoeg, Brüssouw word net baie beseer so hy kan nie gekies word nie. Juan is dalk oud maar hy kan ‘n ou soos Marcell Coetzee, even Alberts match nie vir Juan nie. Alberts is dalk ‘n human wrecking machine maar hy sukkel steeds met tackles en is vrek stadig. Ditto met Deysel.

    Dis egter vir my snaaks dat jy se Juan het net 1/3 goeie games gespeel voor hy beseer is, wys jou hoe vinnig mense vergeet.

  17. guntz27:

    Wat ek wou se is dat hy Marcell Coetzee baie kan leer.

    Alberts is soos Juan net stadiger, swakker verdediger en non existant by afbreekpunte. Ongelukkig is Duanne Vermeulen ook so alhoewel hy is darm by die afbreekpunte.

  18. Kevin D:

    jy sien Guntz, ek vergeet nie, want ek het twee jaar terug daaroor geskryf en sy spelpiel in die S14 gevolg! ek stem oor manne wat te stadig is en jou kommentaar oor Alberts, daarom sal ek Schalk en flo as flanke kies wat vorentoe speel en Duane no 8. of Scahlk op 8 DV 7 en Flo 6.

  19. Mamie:

    Very nice article, just what I wanted to find.

  20. URL:

    … [Trackback]…

    [...] Read More: blogs.sport24.co.za/wallabokiwi/2012/11/21/maak-flo-bokkaptein/ [...]…





*