Yster Etsebeth nie vuil uil nie!
November 20, 2012 in Uncategorized
Die nuwe Bok ‘enforcer’, Eben Etsebeth, is onskuldig bevind aan ooguitkrappery! Baie goeie nuus vir SA se groot fonds van 2012. Etsebeth kan nog baie, baie diep spore nie net in Bokrugby nie, maar in wêreldrugby trap.
Hy sal egter net so bietjie ‘slimmer’ sy aggressie moet beheer. Hy was alreeds vanjaar getug oor ‘n so-so kopstampie na Nathan Sharpe en om nou uitgewys te gewees het vir seker een van die ergste boef-oortredings is nie goed nie.
Etsebeth het die Bakkies Botha en Martin Johnson elemente van die ‘breker wat nie kak vat nie’; maar hy het ook die lynstaan vernuf van ‘n Mark Andrews. Sy werksverrigting in die vastelos sou, ‘slaag met onderskeiding’, lees op sy rapport. Dit kan hom eendag laat aftree as die beste nommer vier slot van alle tye. Hy sal egter sy voete stewig geplant moet hou op die gras, want dit is gewoonlik in jou tweede jaar wat opponente jou behoorlik ken en planne maak.
PS: gepraat van slotte, Victor Matfield is nou die Bulle se nuwe voorspelerafrigter vir die Super15 van 2013. Verwag puik lynstane en baie rolmaal bewegings vanaf die Bul-lynstane volgende seisoen.
PS: Lionel Cronje gaan volgende jaar ‘n Leeu wees. Cronje wat nes Johan Sadie met groot glimlagte Pretoria toe getrek het, het egter vinnig besef dat daar ook maar baie bulstront in die bulkraal is! Is vandag se jongmanne te ongeduldig en geldgrierig?


Baylion said on November 21, 2012
Is bly oof Etzebeth maar soos jy se, hy wil nie ‘n “vuil” reputasie kry nie en ‘n gemerkte man word nie.
Mbt Cronje, ek wonder of daar personality clashes tussen hom en bestuur was. Daar was blykbaar struwelings tussen hom en WP bestuur en dissipline issues. Op hulle web site het BB ondersteuners regdeur die CC gevoel dat hy voor Louis Fouche moes begin maar dit het nooit gebeur nie. Wonder of daar dieselfde probleme by die BB was.
Hennie said on November 21, 2012
Ek weet hy was lank beseer, maar wat verder gebeur het na sy besering weet ek nie
wesvulcan said on November 21, 2012
Ek het nog eintlik niks gesien van Eben wat hom as n “vuil” speler kan kenmerk nie. Die opponente wil hom kenmerk sodat wanneer hy net sy gewone harde spel speel en ouens kry seer in die proses (daar sal n paar wees as jy net kyk na die size van die man), dan kan hul hom unfairly cite, nes wat hul met Bakkies gedoen het. Soos wanneer Bakkies net vir Jones skoon gemaak het van die bal weg, toe word hy geskors vir hoeveel weke! Belaglik. Okay, Bakkies het sy dae gehad, maar Eben het nog glad nie, en nou soek hul dinge uit om hom te vang. Hul is bang vir ouens soos Eben en Bakkies en wil hul sag maak die enigste manier wat dit moontlik is – met n geknoei.
Hennie said on November 21, 2012
Hy skuif seker omdat die Bulle Handre Pollard gekoop het !!
EPK said on November 21, 2012
Wat Eben betref,ek het die wedstryd op band en het die insident n paar keer op stadige aksie bekyk (tussen elf en twaalfde minuut van tweede helfte).Daar is geen bewys dat hy naby die skotse speler se oë was nie,hy het die ou van die grond af opgehou om te keer dat dit n losskrum word sodat hulle n omkeer skrum kon kry.
Cronje het eintlik nooit n ordentlike kans gekry nie,by die WP was hy lank beseer en by die Bulle het hy ook wynig speël kans gekry,die manne moet ordentlike talent soekers kry wat kan idetiviseer watter tipe speler hulle soek,Cronje is nie n skoppende tipe speler nie.
Kevin D said on November 21, 2012
Baylion, maar kry die ouens darem goeie kontrakte/geld om volgende jaar vir die Leeus te speel? Cronje gaan in elk geval die bank warm hou as Jantjes terugkom vanaf Stormers
Kevin D said on November 21, 2012
Wes interessante opmerking dat jy ander sien dat hul vir Eben ook vroeg al wil brandmerk omdat hy baie goed is. baie goeie punt
Hennie said on November 21, 2012
Vraag aan julle manne hier, wie gaan JdV opvolg as Kaptein, want ek dink nie hy gaan deurgaan na die RWC toe nie ?
Baylion said on November 21, 2012
Hulle sal tenminste die minimum professionele fooie verdien maar dit hang af van ondervinding, ens. Minimum salaris is, ek dink, R8000 pm plus wedstrydfooie maar dis slegs ‘n beginsalaris vir ‘n rookie.
Morne Carstens said on November 21, 2012
Ek dink met betrekking tot Eben is dit maar een van daai dinge wat gebeur sodra jy n bedreiging begin raak of uitstaan, teenstaanders opponente probeer in jou kop kom en sodoende jou sielkundige neutraliseer…Dit is ongelukkig maar die realiteit van die spel….
Of sit nou aspris was van die engelse bampte sal mens seker lank oor kan debateer…
Ek dink wat belangrik is nou is dat Etzebeth ondersteuning kry van die GRoep afrigters en veral ervare spelers om sielkundig sterk deur hierdie fase te gaan-as hy dit reeds op jong ouderdom bemeester gaan die toekoms groot wees vir hom….
Kevin D said on November 21, 2012
Hennie baie goeie vraag. ek vermoed nogsteeds dat HM vir Skouponie spies ingedagte het, maar dan moet die Bulle S15 finaal haal. Bismarck dink ek is die ander opsie maar met Adriaan Strauss op vorm en ook S15 kapt sal HM homself effens in die voet skiet as hy enige v daai 2 kies. dan sit hy dalk weer met ‘n J Smit situasie. Andries Bekker en Schalk Burger is seker ook opsies maar Bekker is injury prone en Burger gaan no.7 moet speel want hy gaan nie vir Flo, soos hy tans speel lig nie.
Kevin D said on November 21, 2012
Het jy ‘n idee wat wedstrydfooie is? R8000 is mos maar niks nie. word hul verbly ens betaal?
Baylion said on November 22, 2012
http://main.sarpa.net/player-contracts/collective-bargaining-agreement/
11. Minimum Remuneration
11.1. Subject to clause 11.2 the minimum monthly remuneration payable by a
Province to a Player shall be R7 975,00 (hereinafter `the minimum remuneration
level’).
18.1. Provinces shall be responsible for the accommodation and travel costs that
their Players incur in fulfilling their obligations to their Provinces excluding travel to
and from the Players’ Home Ground.
Daar is ander skale as die speler die vorige jaar Super Rugby gespeel het maar dit is meer van toepassing op SR wedstryde en dit lyk nie of daar ‘n minimum wedstrydfooi is nie tensy die speler op ‘n “pay as you play” basis is.
Die GLRU se situasie word nie spesifiek voor voorsiening gemaak nie.