Profile photo of Kevin D

by

Beware of the men in skirts!

November 13, 2012 in Uncategorized

Yeah, yeah. The Scots is a country and team that most Saffas struggle to take serious as real competitors. The ‘William Wallace’s are always seen as a sure victory when the green and gold tour up north.

The world champions put 50 points on them, however, the Springboks will struggle to do that. England is always the biggest UK threat; however, Scotland has more victories against the Boks, yes, more than Ireland or Wales.

The Boks won 16 /21 with the last lost in 2010. Other times when the bag pipes made huge noises were in 1906, 1965, 1969 and 2002.

Om eerlik te wees; Fuhrer Kampstaaldraad Rudolph Straueli, se Bokke was sommer eerlik waar meer blesbokke as Springbokke. Met voorspelers soos Wessel Roux, Deon Carstens, Marco Wentzel (Meyer het hom nou ook binne SOS noodlyne benader, nee wragtig) en  Pierre Uys sou meeste internasionale pakke kans gesien het vir die Bokke.

Die Bokke se verouderde wedstrydplan en benadering is alombekend. Heyneke Meyer is tans die grootste SondeBok in die Bokkraal. Sy span/groep keuses is al sedert Mei verdag, provinsialisties en basies swak. Laas week regverdig hy Schalk Brits (die nuwe Bodb Skinstadt) se keuse bo Deon Fourie, is omdat Brits daardie x-faktor impak sal maak vanaf die bank. Realisties was Brits net op die bank en as hy nie die witlyn gaan kruis nie, is sy impak maar dieselfde as die passievolle ondersteuners in die pawiljoen.

Die Bokke se agterspel is skandalig veral inaggenome dat hul tans die naas beste span op die planeet is. Meyer het wel nou, ‘n stewig vulkaan-oond-agttal, maar selfs die spoeg nie altyd die nodige lawa nie. Die Iere het daai vlamme koud gehad in die eerste helfte; tog is die Bokpak nie een wat sonder handskoene aangepak moet word nie. Die pak sal in die toekoms nog seerder brand as Bismarck du Plessis, Andries Bekker, Beast Mtwarira en Schalk Burger ook weer inaanmerking geneem kan word. Maar dit is agter waar Bok se kind geen spring het nie!

Die probleem is eerstens ‘n skrummie wat flink kan dienslewer maar ook gereeld verdedigers rondom die losgemale kan eerlik hou. Ruan Pienaar pas in Heyneke Meyer se waansin skoprugby-patroon, maar dit gaan nie werk nie. Francois Hougaard is ‘n klein ettertjie met bal onder die arm maar sy primere taak (veral na sy regterkant) is nie toetsvlak standaard nie. Hier is dit mos waar die Bokagterlyn afrigter….hmmmm…wat is sy naam nou weer….hmmmm. jul weet mos, daai ou van die Bulle….sy geld moet verdien en Hougie leer ordentlik, akkuraat en vinnig te kan uitgee! Juis agv hierdie twee spelers dink ek dit sou goed gewees het om vir Jano Vermaak Saterdag teen die Skotte los te gelaat het. Die arme man het skaars gespeel vanjaar want hy was by elke Bokkamp met duikskerms in die arm!

Die ander kommer is Meyer se dom-astrantheid om nie vir Juan de Jongh te speel nie. Jaco Taute wil en is ‘n heelagter. Ja, hy het potensiaal om wel in ‘n senter te ontwikkel maar moet die vaardighede gaan leer op Curriebeker en Super15 vlak; dan as hy dan ‘n reuse sukses is speel hom dan daar in toetse. Het Meyer nie geleer hoe die All Blacks  vir Christian Cullen ook  gemors het deur hom tydens die ‘holy grail 99′ te gaan senter speel het nie? Meyer se keuse voor Taute, JJ Engelbrecht was net so mislukking. De Jongh en Gio Aplon is glo ook in onguns omdat hul tierlantyntjies uithaal as hul vyfpunters behaal. Onthou Meyer ken nie die nuwe generasie van waar spelers ook emosie mag toon nie; basta nog dat hul te veel ritme het vir Meyer wat seker net Steve Hofmyer en Kurt Darren ‘trekke’ in sy kar het!

Verkrampt seg ek jul!

16 responses to Beware of the men in skirts!

  1. Jy bly maar altyd name en aantuigings gebruik, hoekom ek my vererg weet ek nie !

  2. Kyk jy slaan die spyker op sy kop. Kyk Ek voel presies dieselfde. My vraag wat ek vir n lank tyd vir myself vra? Is HM die regte ou vir die Job? Dus n skande dat ons backline nie kan driee druk nie. Kyk ek het self rugby gespeel, en ek se jou nou sit gou ons pak voorspelers met n All Black Backline bymekaar. My Maat dan kry jy n super span. N Ou soos Dan Carter sal baljaar. Maar wat gebeur in Bok rugby? Ons backline ka nie driee druk nie.Ek dink nogsteeds met die talent wat ons agterlangs het behoort ons meer driee te druk. HM mors ons bok rugby met sy 19 voetsek tipe spelpatroon. Ja daai het gewerk op n tyd in die rugby wereld, maar vandag sal dit miskien 3 uit elke 8 Toetse vir jou werk. wat volgens my nie goed genoeg is vir Bok rugby standaarde nie. Kyk maar vir ou Pat Lambie. Hy was n total different speler in die Sharks trui, Laaweek was hy soos een wat nie geweet het wat om met die bal te doen nie. Maar ons weet hoe kalm en goed die Seun is.Dus amper die ouens is bang om n kans te vat,. Daar was nie een backline player wat kanse wou vat nie en maybe n teenaanval of iets loots nie. Niks nie. Nou vra jy my weer. Is HM regtig die OU vir die Job. Dink net daaran kyk na ons Backiline en kyk na die tipe spelers wat hy kies en wat hy available het om te kies. Dit vertel darem nou vir jou n lekker storie.

    Heelagter : HM se keuses = Zane Kirchener : Wat hy available het om te kies ( Gio Aplon, Luis Ludik, Joe Petersen, Andries Coetzee en Willie Le Roux ) Nou se nou vir my, met wie sou jy wou oorlog toe gaan? Ek sal liewer n Aplon, Le Roux en Ludik wou kies, Maar HM Kies Zane Vervelige Niknaks.

    Vleeuels : HM Keuses = Petersen. Hougaard, Mvovo, Rhule
    Available om te kies = Basson, Aplon. Kyk hier het ek nie te veel te se nie al wat ek will se is jy sit met n Driee vraat in Basson en Mvovo, maar n skrumskakel word gekies om vleeuel te speel. Say no more.. Oeeeepppps die skrumskakel het immers n Blou trui. Ek het skoon vergeet.

    Senters : HM se keuses = Jean D Villiers, Jaco Taute en De Jongh :
    Available om te kies = Tim Whitehead, Paul Jordaan, Robert Ebershon, Marchel Brache, Jan Serfontein, Small Smith.
    Kyk ek se jou nou weer Jean de Villiers is die kaptein daai verstaan ek, Maar Jaco Taute op senter te kies bo die Flambojante ” Kind Van die Wind ” wat enige verdedeginslyn in die wereld in Fleneters kan skeer? Ja ek praat van daai klein Mannetjie wat nou nie 110Kg weeg nie en volgens sekere mense te klein is om senter speel, Maar wat niemand verby hom laat gaan nie. Ek meen dit was nou n lekker tyd om vir Jean n ruskans te gee, en manne soos Delport, Brache n kans te gee. Maar ai hulle speel in Swart en Wit en Blou strepe. En is ook maar nou nie yslik manne nie.

    Loskakels Hm se Keuse = Lambie , Jantjies, Steyn.
    Available om te kies = Peter Grant, Dimi Cartikilas, Riaan Viljoen,

    Kyk ek weet nou hier in die posisie is ons Bietjie diun gesaai Maar ek voel ons Skakels word te veel verwag om beter skoppers te wees as aanvallers en Beslutnemers, Na Naas Botha in Springbok rugby was, is hy dus die measuring stick van hoe n loskakel moet speel in n Bok trui.. Maar wat mense vergeet is dat Naas besides sy Skepskoppe, stelskope eintlik n great bal verspreider was en n man wat op sy voete gedink het. Maaer heineke het amper vir 10 toetse met n Morne Steyn aangehou, terwyl almal kon sien die man is nie die man vir die job nie. Arme Lambie en Neef Elton word ook so gedwing om die Balle te skop. Het Dimmie die Griekse Seun nie vir julle gewys wat n Flyhalf kan doen as hy sy kop gebruik en die situasie speel nie. Daai Seun het in daai Currie Cup Final soos n Dan Carter gelyk, Hy het geweet waneer om te skop, Hy het sy buite spelers in space gesit,, Nou en dan die bal gedra en pressure op homself gevat. Wow dit was nou vir jou Volmaakte Loskakel spel.. En om sout in die wonde te vryf het hy agter n pak gespeel wat omtrent 70% van die tyd op die agtervoet was. Nou dus n Loskakel vir jou,

    Skrumskakels : HM se Keuse = Ruan Pienaar , Jano Vermaak.
    Available om te Kies = Reinach, Groom, McCleod , Sareltjie.Badeseo.
    Kyk Hm kies weereens n skrumskael wat takties goed kan stop. En dit is waar dit ook maar nou stop. En Mater as jou skakel tussen die agterspelers en Voorspelers ook maar nou nie van die bestes is nie, dan gaan die dag op kantoor ook maar nou lank en sleg gaan. Weereens hier het Bok Rugby ook n Measuring stick van die verlede., ons skrumskakels moet ook Blou Bulle wees. Fourie Du Preez en ou Joosie.As hy nie takties goed kan skop nie dan kwalifiseer jy nie. Maar ons vergeet dat n skrumskakel n skakel moet wees. Hy moet weet waneer om te skop, waneer om vinnige bal te gee vir sy lyn, waneer om rigting te verander, wanneer om die spel stadig te maak, wanneer om sy voorspelers in die spel te bring,nou en dan moet hy darem n bietjie kan snipe ook. Dus vir my n skrumskakel. Kyk maar vir ou Ruan se my of hy die basiese dinge doen. Nee glad nie skop, skop , skop…Dus deesdae die basiese ding in Springbok Land. Ek voel jammer vir manne soos Reinach, Groom wat al daai vaardighede het , maar verewig verbygekyk gaan word. Hoe de hel kan jy n tweede keuse Skrumskakel in sy provinsie n Springbok maak? O Ja ek weet gee hom n Blou trui….

    Kevin Dankie dus altyd lekekr om jou Blogs te lees, Jy raak punte wat ek altyd oor twyfel en worry.

  3. Hi Kevin

    Ek dink jy vat dit baie mooi saam hier… Ek dink ook dis tyd dat Meyer uit sy steriotipe denkwyse met spelpatrone en spelerkeuses kom…

    Kyk dis alom bekend dat die noorde swaar velde het en dus swaar voorspelers benodig en n goeie skopper ( sou dit nat wees). Ek dink HM haak effe vas hierby en dink selfs so wanneer dit droe omstandighede is…

    Zane Kirshner is regtig shocking tans, en ek dink spanne lek hulle lippe af, want hulle reageer nie eers as hy die bal vang nie, hulle wag net vir sy skop, dit is asof dit ingeprogrameer is…hemel dit werk lankal nie meer om die 1 uit 10 kans te vat dat die speler dalk die bal gaan aanslaan nie….

    Ek weet nie of julle opgelet het so 5 minute voor die einde saterdag het dit voorgekom of JdeV die veld wou verlaat het nie, maar toe baie moerig omgedraai het en terug gestap het nie…??? Sy lyftaal het boekdele gespreek…

    Ook n interessante opmerking van Meyer die week in die koerant dat hy eers met sekere mense moet praat voordat hy veranderinge maak…Nou wonder ek wie hierdie mense is? Politiese komitee of Mr Mac en trawante?

    Kom ons hoop maar vir die beste met die spankeuse alhoewel ek vermoed die span gaan grootliks dieselfde lyk…Dalk kies hy no MS ook…

  4. Aggggghhh shame arme de jongh as hy hom self wil wip en gedra soos kind moet hy maar weg bly van die bokke af en in die Kaap bly en sy straat daansies daar uit oefen.

    mar sodra frans steyn terug is en jaquess fourie moet de jongh maar weer gewoond raak om op die tv die bok games te kyk

  5. verstaan nie mooi wat jy bedoel nie Hennie? mag ek dan nou nie name noem nie. is jy te vrede met die Bokke se spel? waar dink jy le die fout dan?

  6. kedafie, love jou passie!

  7. goeie vraag, vir wie HM nou moet vra? ewe skielik maak hy asof hy nie die sweep slaan nie!

  8. Jacques Fourie kom eers 2014 dalk terug. dink jy hy gaan onder HM wil speel wat senters net gebruik om balle soos ‘n hond te jaag? FSteyn is die laaste tyd maar net nog ‘n crashball senter. rugby het na sy kop gegaan

  9. jaque het klaar commit om terug te kom 2014 en 2015 world cup to te gaan, so eks seker hy oefen al klaar besign om balle soos honde te jaag

  10. Thanks Kev, Groenie De Jong is in n klas van homself. Frans Steyn was goed voor sy kop geswel het en hy te veel Franse resturante besoek het. Ek stem met Kev al wat hy deesdae bied is Stormram Lopies, en Die arme ou kan bietjie ver skop. En dit stop ook mar nou daar. Maar ek stem met jou Frans Steyn sal weer die trui dra in De Jongh se Plek want hy weeg ook mos nou amper 110Kg en is ook n Klein Reusie. Dus mos wat ons soek in Springbok Land. Ons sal liewers groot nuttelose manne kies as wat ons spelers kies wat kan create en goeie vaardighede het. Ek se jou SBW is nie net groot nie maar daai man kan vir jou in n gaat in sit met sy ogies toe, Hy val aan en kyk altyd vir ruimte. Wat doen ons Senters? Hulle will wrestlers wees. En nog n ding ou Groenie wat is fout as n speler dans en bietjie die mense entertain met n Dansie of 2 na n drie. Nee kom nou reg ou maat in watse era word jy dan nou groot.. Ek love dit as De Jongh en Aplon hulle passies doen, Die Jeugdiges van vandag geniet dit en veral die kindertjies. Hulle will glad die game gaan kyk en stel belang aan die sport weens die feit dat spelers hulle nie net laat lekker voel as hulle driee druk nie, maar die ouens gee darem nou en dan n after Sales serrvice ook deur n bietjie te dans. Eks eerlik ek geniet dit. So Groenie kom by ou maat..

  11. JF kom terug maar as HM nie vinnig bykom nie sal hy nie 2014 bok coach wees nie!

  12. het HM biopolar? hoe de fok sê hy nou sulke goed vier dae later wanneer die meeste rugby mense dit al lankal kom sien?
    HM:My plan was nog altyd om vir Juan te laat begin omdat hy die afgelope tyd so goed speel. Ek is regtig opgewonde om te sien wat hy die span kan bied,” het Meyer tydens die spanaankondiging gesê.

    BULLshit! die man is van sy trollie af!

  13. Jip Kevin ek dink ook als werk nie altyd lekker daar binne nie…

    Hy moet n slag ophou stront praat en produce….

    Ek vrees daar is nou al weer vir saterdag seker n vooraf beplande game plan en de jong sal gelukkig wees om bal te sien….

    EK is bereid om te se dit werk mos gewoonlik so as hy die “crowd pleaser” kies…so amper as om te se ek sal julle nou wys…

  14. Nes hy ook vir DV mors deur Willem alleen baldraer te maak

  15. Ek sien Meyer se hy wil nie te veel verander nie want die verdediging kan daaronder ly,dit gaan nou oor Taute wat vir De jongh moet plek maak,dit is moeilik om te verstaan want hy neem dan n groep van 32 saam sodat almal odervinding kan opdoen,al sal party nie speel nie en het hulle mos n verdedigings agrigter.
    De Jongh vervang mos nie vir Taute nie,in Meyer se eie woorde wil hy Taute graag as heelagter sien en Taute self wil eintlik heelagter speel.Hy prys darem De Jongh se sy stappe, hy moet net besef jy moet die regte patroon speel om spasie te skep vir “sy stappe”.
    Dan nog n skok, hy reken Jannie Du Plessis speel glo deur n pyn grens,het hy dan nog nie geleer jy speel nooit n speler met n besering nie.

  16. EPK, HM kan mos maar net vir Jean vra om hul die Stormers se verdedigings patroon aan te leer. Juan en Jean was mos deel vd beste verdedigende konferensie span. daar word ook te veel gemaak van ‘hy wil nie verdedigings patrone’ verswak deur veranderings te maak nie. ek is seker dat al die Bokke dit verstaan. die verskil is dat die Stormers die ‘regte houding’ gehad het tov v verdediging. hul het ook as span saam verdedig maw nie net man-op-man inside out nie. as die opponent die bal gedra het, het twee Stormer spelers hom getarget.

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>