Kallis en Alma skitter in Brisvegas

Nadat die uwe gister so uitgesien het om die Blomme op die Gabba te kon sien, was dit oral nat, hopeloos te nat selfs vir Proteas. Geen krieket het gelei tot baie nat kele in die kroee rondom die Gabba. Eers die Duitseklub, toe die Pineapple hotel en daarna die Chalk hotel. Na ‘n paar ure en baie jugs, het die uwe en sy mates maar opgegee en gaan wag vir die Bokke.

Dank Vader dat Kallis en Amla vandag albei honderdtalle behaal het. Oor die Bokke wil ek nou nie eers praat nie, dalk more! Kallis het sy 44 ste honderd behaal met slegs die ‘meester Sachin Tendulkar’ voor hom. Baie geluk Jacques en ditto vir Hashim. Ek sal maar ‘jou Castle’ op jou drink, oops ek het alreeds gister genoeg ‘gevier’!

Met slegs twee dae oor, kan slegs die Proteas nog hierdie toets wen. Dit sal die reeksoorwinning vir die Aussies bemoeilik met slegs twee toetse daarna, in hul jaagtog om SA te onttroon vir die nommer 1 posisie!

PS: het SA sport alweer die pot mis gesit? Dr Sherylle Calder sit in die Aussie krieketkamp by die Gabba om die Aussies te help! Alweer….kom aan SA gebruik ‘n slag jou uiterse vaardige bates!

  1. Prooooovince!!!:

    pity die weer het Saterdag ‘n washout gemaak. waar is die tweede toets?

  2. Kevin D:

    dink Adelaide en dan PErth





*