Prooovince chasing hat trick!
October 25, 2012 in Uncategorized
Die WP se strukture is nou waar die Bulle sin was in hul glorie vyf seisoene van 2006 tot 2010. Die WP het Saterdag drie spanne in die finale van die Curriebeker, 0.21 en 0.19. Iets om oor baie trots te wees. Terwyl die seniors teen die ‘last out post’ gaan oorlog voer, speel die jonges teen die Bulletjies.
Om in die huidige formaat van SupeRugby (waar elke span op volle sterkte, tuis en weg teen sy bure speel) bo aan jou land se afdeling te eindig, is baie meer werd as om die Curriebeker te wen. Dit is iets wat die Stormers nou al die afgelope twee seisoene vermag het. Dit is nie net die uwe wat so dink nie, maar ook Allister Coetzee, die Stormers en WP hoof guru.
Tog glo die uwe dat die Super15 Konferensiebeker slegs ‘n troosprys is as jy dan nie oor die laaste hekkies kan kom nie. Wen jy die Curriebeker, is jy ‘n kampioen en het jy darem ‘afgewaterde’ dikstingel reg om die braaivure in die Republiek. Sit jy saam met pelle om die barbie of hangi, dan beteken dit nie veel nie!
Ja, dit sal darem lekker wees om in albei kompetisies ook die ware Jakob ook te kan wen, maar sulke dinge het laas in 2001 vir die mooiste Kaap gebeur. Ironies was dit die WP wat toe ook die Haaie in Durban geklop het om die Curriebeker wat hul ook in 2000 gewen het, te behou. Toevallig was Gert Smal betrokke en hierdie keer is dit neef Gawie Smal wat die tiener-Bulletjies moet help wen.
Die Vodacombeker (wie gee om?) is saam met die SA wenner konferensiebeker in die Kaapse trofeekas. So, ja daar is nogsteeds staan plek om nog drie by te voeg!
Go PROOOOOOOOVINCE!


Herman Steytler said on October 25, 2012
Die konferensie beker het baie te doen met die “luck of the draw”. Die stormers het nie hierdie jaar teen die chiefs gespeel nie en ook nie teen die brumbies nie wat altwee top spanne was in hulle konferensie. (Brumbies het maar eers in die finale rondte uitgeval)
Wat ek wil se is dat as die stormers byvoorbeeld nie teen die highlanders in NZ gespeel het nie maar teen die chiefs en die brumbies in Oz dan kon hulle 8 punte minder gehad het. Dit sou beteken dat hulle onder die sharks en die bulls sou geeindig het!!
Kevin D said on October 25, 2012
Herman, jy het ‘n punt, maar wees eerlik, met die afskop vd jaar het niemand die Chiefs so gevrees nie. terloops die Stormers het hul verlede jaar getrap in Hamilton
BBF said on October 25, 2012
“Om in die huidige formaat van SupeRugby (waar elke span op volle sterkte, tuis en weg teen sy bure speel) bo aan jou land se afdeling te eindig, is baie meer werd as om die Curriebeker te wen.” And yet WP struggle to win the CC! Don’t give me the “volle sterkte” bull dust. CC semi’s and finals includes “volle sterkte” teams. Oh well, if you can’t win the CC or SR cup then the coference cup should do – at least it’s something.
Kevin D said on October 25, 2012
BBF, natuurlik sal ek jou die afgewaterde feite gee. Griekwas en VS doen gewoonlik goed totdat die Bokke terugkeer. eenvoudig soos dit, dit is ‘n afgewaterde CB as jou Bokke nie van die begin af deelneem nie!
bosbefonk said on October 25, 2012
So die WP sukkel om ‘n afgewaterde CC te wen. Baie diepte in die kaap.
Hennie said on October 25, 2012
Ek stem nogal saam dat die WP baie goed opgetel het, dis nogal ‘n prestasie. Ons moet darem ook byvoeg dat die Bulle twee spanne het wat deelneem ten spyte van die Senior span wat vanjaar gesukkel het (Maar hulle is besig om te herbou), of vergeet ons daarvan !
REM said on October 25, 2012
Dis sommer n klomp kak verskonings Kevin. WP ondersteuners hou daarvan om te KOM sodra hulle deelneem in n toernooi.
Kevin D said on October 25, 2012
verskonings? waarvan praat jy? waar maak ek verskonings?
francisco said on October 25, 2012
eintelik in 2011 het hulle in die eerste helfde die chief getrap en ge omplof in die twede helde en op eide het hulle geverloor
StormyRodger said on October 27, 2012
PROVINCE!!!!!!!!!!!!!!!! 2012 CHAMPIONS!!!!!!!!!!!
StormyRodger said on October 27, 2012
PROVINCE 2012 CHAMPIONS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!