O’Driscoll uit, Richardt Strauss dalk in groen!
October 31, 2012 in Uncategorized
Die Bokke sit sonder, Schalk Burger, Bryan Habana, Andries Bekker, Bismarck du Plessis, Tiaan Liebenberg en Frans Steyn. Die Iere is egter nou ook ‘n groot toeslag toegedien met Brian O’Driscoll, ‘n senter in dieselfde klas as ‘n Danie Gerber, Phillipe Sela en Tim Horan, uit vir 12 weke met ‘n enkel besering.
Die Ierse haker, Rory Best is ook nog beseer. Die een se dood is mos die ander se brood en dit maak die kans nou nog groter vir Richardt Strauss om sy eerste ‘groen trui’ te verdien. Dit is nou wel nie die groen en goud van sy geboorteland nie, maar die Ierse groen. Hy kan so sy droom om toetsrugby te speel verwesenlik en dit nogal teen neef Adriaan!
Michael Bent, ’n Nieu-Seelander wat verlede Sondag die eerste keer in sy lewe in Ierland aangeland het, kan ook sy debuut teen die Bokke kan maak.
Nou daar is al jare geknor oor al die trekvoëls wat ter wille van sport gou vinning ouma of oupa se geboortesertifikaat uittruk, net so vir sport op die hoogstevlak! Nieu-Seeland en Australiese rugby moes dit al menigte kere aanhoor hoe hul ‘steel’ en om nie eers van die Pomme se rugby en krieketspanne te praat nie! Die Engelse Krieketraad het nou besluit dat spelers eers jaar lank in Engalnd moet bly voor hul mag kwalifiseer om verkiesbaar te wees. Ek dink dit is ‘n stap in die regte direksie, alhoewel ek dink 5 jaar meer billik sal wees.
Hoe voel jy daaroor?
Stem op peilings:
Wie moet die Bokke se toekoms heelagter en losskakel wees?
Wie moet die Bokke as afrigter Wereldbeker 2015 toe vat?
Wie is die beste oopkantflank van alle tye?


Recent Comments