So stop jy die All Blacks!
September 13, 2012 in Uncategorized
Die Bokke het 2008, die Dunedin voodoo gebreek in die ou ‘House of Pain’. Ricky January se oomblik van briljantheid het gesorg vir die Bokke se 30-28 oorwinning. Pieter de Villiers, het dus iets reg gekry wat selfs befaamde afrigters soos Hennie Muller, Danie Craven, Ian McIntosh, Rudolph Straueli en Jake White nie kon reg kry in Dunedin nie.
Interessant van die eerste toets in 1921; die toerkaptein, Theo Pienaar, saam op die veld vir die foto in sy paklere terwyl Boy die kaptein op die veld was. Daardie span het vier Morkels ingesluit, Boy, Gerhard, Harry en Henry. Boy was 36 jaar oud! Nog ‘n Morkel, Royal was ook op daai toer en het in later toetse gespeel.
| Datum | Teen | Bokke | Kaptein |
| 13 Aug 1921 | New Zealand | Verloor 5-13 | Boy Morkel |
| 14 Jul 1956 | New Zealand | Verloor 6-10 | Salty du Randt |
| 21 Aug 1965 | New Zealand | Verloor 0-13 | Nelie Smith |
| 09 Jul 1994 | New Zealand | Verloor 14-22 | Tiaan Strauss |
| 10 Jul 1999 | New Zealand | Verloor 0-28 | Gary Teichman |
| 09 Aug 2003 | New Zealand | Verloor 11-19 | Corne Krige |
| 27 Aug 2005 | New Zealand | Verloor: 27-31 | John Smit |
| 12 Jul 2008 | New Zealand | Wen 30-28 | Victor Matfield |
Saterdag is dit egter in die binnehuise, Forsyth Barr Stadium, wat die All Blacks se aanvallende hardlooprugby sal bevoordeel. Die Bokke se skop-wedstrydplan sou meer effektief gewees het, in ‘n nat-, reenerige-, sneeu-, modderveld.
Hoe klop jy die All Blacks? Vra vir Graham Henry!
Die Bokke sal die All Blacks onder druk moet plaas van die begin af en nie binne minute agter raak nie. As hul opvangrugby gaan moet speel gaan die Kiwis hul stukkend hardloop.
Maak die spel stadig as die bal uit die spel is. Verdediging is teen die All Blacks uiters krities aangesien hul ondersteunende spelers goed in spasie opvolg as hul die opponent se linie gebreek het. Mis jy ‘n duikslag kan jy amper so te se stelling onder jou pale gaan inneem.
Wat die All Blacks so goed maak is dat hul eerste fasette altyd goed tot puik is. Hul het briljante X-faktor spelers wat toegelaat word om die situasie te speel. Hul spelers is ook ingestel om te ‘offload’ in die duikslag en nie net fases op te stel nie. Jou tweede verdediger moet dus ‘n binnelyn vanaf die All Blacks se ondersteunende speler hardloop om die ‘offload’ te verhoed. Dank Vader $onny Bill is op die sushi-trein. Deur ‘n speler lag te vat en nie die bal te probeer duik nie, maak jy die uitvoer van die ‘offload’ baie moeiliker.
As jy teen die All Blacks skop, moet dit uit wees. Indien dit nie uit is nie, moet jy eerder stadiger opvolg maar hou jou lyne. Die probleem is dat spelers soos Israel Dagg, Hosea Gear, Ma’a Nonu, Corey Jane en kie, vinning opsom wat hul voor hul sien en dan die stadige dinosaur voorspelers van die Bokke uitsoek om aan te vat.
In die tweede helfte sal ek Marcell Coetzee opstuur in Willem Alberts of Duane Vermeulen se plek. Saam kan hy en Francois Louw in die All Blacks se spel by afbreekpunte stadiger maak. Stuur ook sommer vroeg vir Johan Goosen en Patrick Lambie op. Met Andries Bekker en Juandre Kruger saam in die lystane, kan hul die druk op die kiwis vemeerder. Hopelik sal die Bokke nog lemoentyd in die prentjie wees.
Kan die Bokke wen? As hul meer innoverend speel, Morne en Frans Steyn al hul skoppe oorsit en met baie geluk het hul ‘n kansie.
Die Wallabies gaan ook geskiedenis maak met die eerste rugbytoets ooit op die Goue Kus. Skilled Park stadium is die tuiste van die Gold Coast Titans rugbyliga-span. Nathan Sharpe, ‘n oudskolier van TSS (The Southport School), spogskool op die Goue Kus, sal dus sy toetsloopbaan op tuisbodem in sy ou agterplaas af sluit.
Berrick Barnes op heelagter, is ‘n interessant skuif in Kurtley Beale se plek, terwyl Pat McCabe weer met die nommer 12 sal uitdraf. Nick Phipps vervang die beseerde Will Genia. Kan die Poemas verras
Balle op die Guillotine: My keuses in Bold.
All Blacks vs Springbokke
Wallabies vs Poemas
Cheetahs vs Lions
Griekwas vs Bulle
Sharks vs WP
Rynard Elstadt se onttrekking swaai dit vir my in die Sharks se guns.
PS: Josh Strauss se vertrek na Glasgow om moontlik in 2015 die Skotse Wereldbeker span te haal, is dit ‘n verlies vir die Bokke? Sou jy dit gedoen het as jy in Strauss se skoene was?
Come and vote on Polls who should be Bok flyhalf and fullback at:
http://blogs.dieburger.com/KevinD26/morne-steyn-behou-sy-plek


Baylion said on September 13, 2012
All Blacks, Poemas, Lions, Griekwas, Sharks
Baylion said on September 13, 2012
Volgens berigte was die Crusaders en Chiefs wel in die prentjie maar was hulle aanbiedinge nie finansieel so aantreklik soos die Skotte s’n nie.
Klink of Josh sy kanse by die Bokke afgeskryf het en eerstens vir die geld gegaan het maar dit was lank reeds “bekend” dat hy weer in Europa wil speel. Die kans om vir Skotland te speel is miskien net die cherrie op die koek. Moet maar sien wat gebeur as hy wel dalk ingeroep word na die Bokke toe – sal hy dit weier of aanvaar?
gertbloues said on September 13, 2012
Ek was nog nie self daar nie, maar het al gehoor dat Duneden se ysige koue en winderigge weer deel is van hoekom besoekende spanne, veral die Bokke, so sukkel al hul daar moet speel.
Alhoewel die onderdak toestande die All Blacks se harlopers kan bevoordeel, is die weer faktor waaraan die besoekers nie gewoond is nie, uitgeskakel.
Ek is bly jy gee ons darem ‘n kans. Die All Blacks in veronderstel om hierdie game te wen, maar as ons spelers net tot hul potensiaal speel, kan ons onsself in ‘n posisie speel waar een oomblik van briljantheid vir ons die resultaat kan gee.
Hanjo said on September 13, 2012
AB’s, Aussies(just), – Griekwas, Cheetahs en WP.
Kevin D said on September 13, 2012
Gert ek was ook nog nie, maar dit is glo vrek koud. AB’s kon nie op die ou House op Pain gaan oefen nie, was toe gesneeu! die Bokspan op paier begin al beter lyk. Net van Zane en Morne ontslae raak. Bring dan Bekker, Goosen, Lambie en Aplon terug dan sal ons OK wees in SA.
gertbloues said on September 14, 2012
Ek is bekommerd oor Bekker. Hy is by verre ons mees ervare nommer 5 en het definitief die meeste potensiaal, maar ek weet nie of hy sy loopbaan ooit weer op dreef gaan kry nie.
Met sy liggaamsbou is ‘n lae rug besering iets wat gaan bly terugkom.
Kevin D said on September 14, 2012
Gert, jy praat baie waar hier. ek stem. laerug is ‘n geneuk!