Albei afrigters sal seker die volgende paar aande swak slaap. Heyneke Meyer is sommer vroeg in sy Bokpos onder druk. Robbie Deans het dit nog erger. Hy moet Saterdag wen anders sal daar seker vir hom ‘n enkel vliegtuigkaartjie terug, ‘across the ditch’, wag. Ewan McKenzie is mos alreeds uit sy pos as afrigter van die Reds, kantoor joppie as Direkteur van Qld rugby, is mos maar net ‘n skuilnaam vir volgende Wallabie-afrigter.
Met die Britse en Ierse Leeus volgende jaar oppad (Deans aagestel tot dan) moet McKenzie genoeg kans kry om te slyp, indien daar wel van Deans ontslae geraak kan word. Die Blesdisloe-beker is alreeds, soos die afgelope 11 seisoene, in die NZ trofeekas. Dit raak dus ‘n nou of nooit situasie vir Deans.
Dit maak die Wallabies baie gevaarlik. Dank Vader hul speel nie Saterdag in Brisvegas nie. Daar sal genoeg Bokmense in ‘Pretoria by die see’ wees. In nege voorstede van Perth is Afrikaans glo naas Engels, die mees gesproke taal! Deans het nou egter by outydse Wallaby suskes van vaardige, slim spelers, speel-wat-jy-voor-jou-sien, en spelers met spoed gekies. Behalwe die beseerde James O’Connor en Drew Mitchell (as hy op vorm is) het Deans raak gevat agterlangs.
Met Kurtley Beale, Adam Ashley-Cooper, Digby Ioane, Berrick Barnes, Quade Cooper, Will Genia en die Reds se ‘vonds’ Dom Shipperley, het die Wallabies baie skop en spring. Gevaarlik, baie gevaarlik. Met Radike Samo (die enigste speler ooit om by ‘n Wereldbeker as agter- en voorspeler te gespeel het, vleuel en agsteman) is spoed die voorland. Die Wallabies is sonder David Pocock, James Horwill, James O’Connor, Sekope Kepu, Wycliff Palu, Pat McCabe en Ben McCalman, maar Poccock, Horwill en O’Connor die regtige groot verliese. Die Bokke is egter sonder wereldsterre Schalk Burger, Bismarck du Plessis en JP Pietersen, so dit maak dit gelyk.
Die Wallabies gaan duidelik die bal kante toe versprei en die swaar Bokpak moeg te probeer speel deur die bal te dra. Die Bokke gaan meer direk probeer speel en Willem Alberts, Duane Vermeulen en Frans Steyn gaan stampkar, nee tenks moet wees. Interessant dat Andries Bekker se wedstrydfiksheid as een van die redes gegee was vir sy uitlating. Hoe regverdig Meyer dus Vermeulen se insluiting? Bekker was baie goed op Nuweland maar na een swak toets waar bitter min Bokke uitgestaan het in Mendoza, is hy glo onfiks. Wees tog eerlik Meneer Meyer en seg eenvoudig dat jy hom uitlaat omdat hy ‘n swaktoetse gehad het.
My enigste probleem met die Bok XV is dat Patrick Lambie nie op 15 begin nie en die enigste pyn is, waarom Lwazi Mvovo bo Juan de Jongh op die bank is? Jean de Villers en Frans Steyn was al Bokvleuels terwyl Lambie en Bryan Habana nou die senter posisie moet dek indien daar beserings is?
Wallabiesspan: Kurtley Beale; Dom Shipperley, Adam Ashley-Cooper, Berrick Barnes, Digby Ioane; Quade Cooper, Will Genia; Radike Samo, Michael Hooper, Dave Dennis, Nathan Sharpe, Sitaleki Timani, Ben Alexander, Stephen Moore, Benn Robinson.
Bokke: 15-Zane Kirchner, 14-Bryan Habana, 13-Jean de Villiers, 12-Francois Steyn, 11-Francois Hougaard, 10-Morne Steyn, 9-Ruan Pienaar, 8-Duane Vermeulen, 7-Willem Alberts, 6-Marcell Coetzee, 5-Juandre Kruger, 4-Eben Etzebeth, 3-Jannie du Plessis, 2-Adriaan Strauss, 1-Tendai Mtawarira.
Reserwes: 16-Tiaan Liebenberg, 17-Pat Cilliers, 18-Flip van der Merwe, 19-Francois Louw, 20-Johan Goosen, 21-Patrick Lambie, 22-Lwazi Mvovo
‘n Wenk aan Meneer Meyer. Om Michael Hooper uit die spel te haal is dieselfde as wat jy moet doen as Menere Poccock of McCaw speel. Hardloop in kanaal 1 op Quade Cooper se binneskouer af. Dit sal Hooper dwing om te help duik aangesien Cooper dit nie alleen sal kan doen nie. So is Hooper nou ‘n ‘tackler assist’ en so hy kan nie onmiddelik net die bal probeer steel nie. Dit sal aan Marcell Coetzee en/of Francois Louw die effense voordeel gee. Vervang Alberts of Vermeulen met Flo, sodat die Bokke die voordeel die laaste 30 minute sal he met Coetzee en Flo op die jag.
Balle op die Guillotine! Myne sal weer gelem word. Moeilike naweek:
Bokke vs Wallabies
All Blacks vs Poemas
Bulle vs Leeus
Cheetahs vs WP
Griekwas vs Sharks
PS: good to se the Bokke and Wallabies having a bbq/braai off with the public attending! Great inisiative by both teams.
PS2: Who should be the future Bok flyhalf and fullback. Come see and vote at:
http://blogs.dieburger.com/KevinD26/beter-bokke-vs-gekweste-wallabies
Recent Comments