Avatar of Kevin D

by

Kan Bokke die All Blacks klop?

August 20, 2012 in Uncategorized

In ‘n slordige en vervelige wedstryd het die Bokke die Poemas, se eerste proeseltjie van suidelike halfrond menere, geklop. Dit was egter niks om oor huistoe te skryf nie en soos altyd lyk dit of die All Blacks soos gewoonlik die kampioen sal word.

 

Die Bokke se wedstrydpatroon bly oninnoverend en voorspelbaar. Dit is goed om die Stormers se verdediging na te boots en geen driee in te laat nie. Tog is dit kommerwekkend dat die Bokke se aanvalsplanne gebasseer is op lugskoppies van die Bulle en geen ‘starter moves’ van die Stormers. Dit gaan nie goed genoeg wees om nommer 1 te raak nie. Die Sharks het gewys hoe die Bokke moet speel, maar daar was niks van die SA se nuwe Vlagskip gesien in die ‘bloudruk’ nie.

 

Bismarck du Plessis (uit vir die res vd jaar), se besering, na hy geduik was sonder die bal, kan aangevoer word vir die 3 balle wat die Bokke op hul eie ingooi verloor het. As individue was Eben Etsebeth, Willem Alberts en Marcell Coetzee goed in die duikslag en baldra afdelings. Adriaan Strauss was baie woelig in die vastelos en my Man vd Wedstryd. Andries Bekker was puik in die lynstane en het af- en inskoppe met gemak ala Victor Matfield gevat. Tog was die Bokke se skrums maar eish en het hul nie as ‘n pak saamgespeel en stempel afgedruk nie.

 

Morne Steyn se visier was weer ingestel maar dit was die Poemas en sy spelstyl is te diep en nie deurdringend genoeg om die lyn te kan sny nie. So, ja, teen die Poemas kan hy speel maar dit gaan nie die Bokke die wereld ‘brekers’ maak nie. Net so vir die wat my nie glo nie. Peter Grant word altyd gekritiseer omdat hy nie genoeg afstand kry met skoppe nie. Hoeveel keer het ek al verduidelik dat jy kan nie Grant met Steyn vergelyk nie, want laasgenoemde speel baie wedstryde op sy tuisveld hoog bo seevlak. Steyn het gister ook nie die Poemas met rente terug gestuur nie, nog minder was sy taktiese skopwerk in die Naas Botha klas. Verskeie skoppe was reguit broodmandjie toe.

 

Frans Steyn word nou net ‘n Trevor Halstead, ‘n ‘crash ball’ senter. Hy dink nie eers daaraan om uit te gee nie, so wie moet hier blameer word? Die Bok wedstrydplan en strukture? Bryan Habana was soos altyd woelige en sy grootste bate bly werksverrigting. Hopelik sal iemand hom leer om sy man met minimum spasie aan die buite kant te klop. Kyk hoe maklik het die All Blacks twee maal vir Kurtley Beale laat ‘stilstaan’!

 

Ruan Pienaar moet nou begin. Francois Hougaard is ‘n briljante speler maar ‘n skrummie se basies plig is om die oond suiwer skoon te maak. Ja, die Bokke se pak het nie lekker saamgewerk daar nie, maar sy aangee behels altyd twee tree voor hy uitgee en sy aangee na sy regterkant is net so swak soos Sarel Pretoruis. Sy linkerhand is nie sterk genoeg om die rol aksie doeltreffend te doen nie. Soms gebruik hy ook sy  dominerende regterhand vir die rol aksie na sy swakker regterkant. Dit veroorsaak dat die bal vorentoe en weg sweef vanaf die ontvanger. My probleem egter, indien Hougaard as vleuel gekies gaan word, dan dra Meneer Meyer se rede dat Gio Aplon te klein is vir toetsrugby, nie water nie.

 

Die Bokke se onvermoe om ‘n bonuspunt vir ‘n 4de drie te kon kry gaan nog by hul spook. Weereens, het Nuweland daarmee iets te doen? Hoeveel keer word daar 4 of meer driee op Nuweland gedruk?

 

Baie geluk aan nuwe Springbokke, Pat Cilliers en JJ Engelbrecht.

 

Die wereldkampioene, All Blacks, het soos verwag die Wallabies maklik geklop. Om die All Blacks te klop sit nie in baie lande se broek nie;om die statistieke aan te haal is daar sekere lande wat dit nog nooit reg gekry het of ooit sal reg kry nie!

 

Die feit dat Robbie Deans eerder wou verdedig, deur Anthony Faainga en Rob Horne te kies, was ‘n voorspelbare flater. Ja, die All Blacks is die mees vaardigste span op die planeet en kan enige nasie stukkend hardloop. Jy moet die Berlynse muur he om ‘n kans te staan. Jou oond moet ook warmer wees as hulle sin, jou lynstaanspringers moet kan lugfotos neem en jy moet die kontak- en grond oorlog probeer wen. Dit is ook nie altyd genoeg nie. Jy moet ook hul in die oe kan kyk; maar om die All Blacks te klop moet jy die ‘arm druk’ wen asook hul verdediging toets. Kiwis weet hoe om toertjies te doen en hul het die voetwerk om Fred Astaire te laat glimlag. Hul word egter te min regtig op verdediging getoets en dit is waar hul kwesbaar kan wees. Dit is hier waar Deans die toets voor die afskop gedop het. Quade Cooper as generaal is soos die lotto, maar ten misnte het jy ‘n kans!

 

Sonny Bill Williams is genoeg deur Faainga gelem, die  een manier wat jy sy ‘offloads’ verminder, is deur hom laag te lak.  Ma’a Nonu is heel jaar van vorm af en ook nie ‘n buitesenter nie, so verwag meer vuurwerke agter van die kiwis as Conrad Smith en/of Richard Kahui eendag weer die swarttrui aantrek.

 

Die Wallabies het nou ‘n groot agterstand. Om die Kampioenskap te wen moet jy ten minste jou tuiswedstryde wen en hoop om minimum ‘n bonuspunt met jou wegwedstryde te kry. Die Bledisloe- en Kampioenskapbekers blyk alreeds of dit langs die William Webb Ellis gaan pryk.

8 responses to Kan Bokke die All Blacks klop?

  1. Ek stem. Die Bokke game was vervelig om te kyk. Wens ons kan ons agterlyn gebruik tot hul volle potensiaal.

  2. “n Wen is n wen” het Meyer gese. Maar met die klomp jong spelers wat so belowend lyk, en dan net struikel onder n voorspelbare wedstrydplan, lyk ons kanse maar swak… Gee die spelers hul vryheid om te eksperimenteer met hul talente. Dit het gewys by die stormers wat gebeur as jy nie jou planne kan aanpas nie. Het Coetzee nie dieselfde gese week na week nie?

    • Wes, dit is die ou SA benadering tot afrigting nogsteeds was SA kelder. Over coaching van spelers met patrone. die paar spelers wat die X-faktor het word dood gecoach al Percy, Bob en F Steyn. Dan nder soos Brent Russell en Gio Aplon word vertel hul is te klein vir toetsrugby. Dank Vader vir Shane Williams se onthalwe dat hy ‘n Walliser was anders het hy ook nooit rugby gespeel nie. Wonder wat Grant Batty hier oor te sê sal hê.

  3. Ek stem saam met jou tot op ‘n punt oor meeste van die goed. Ek dink Morne het sy beste game van die seisoen gehad en hyt darm hard probeer ook! Al is sy skoppe uit die hand nie so great nie het hy goed gekorrel en sy verdediging was goed. Jou opinie oor Grant is regverdig maar wat van Goosen? Al dink ek nie Goosen sal die bok trui dra die jaar nie agv sy besering, dink ek dis nie nodig om vir Grant terug te bring as HM vir Goosen wil speel in die jaar se kompetisie nie!

    Verder dink ek Frans Steyn het ‘n swak game gehad omdat die bal vanaf Hougaard en Steyn nie goed genoeg is nie en agv HM se gameplan.

    Frans moet op ‘n manier die agterlyn aan die gang kry en ons op die voorvoet en daarom dink ek het hy “gecrash ball”.

    Hougaard is baie gevaarlik op vleuel en ek dink Gio ook maar ek dink hougaard is gevaarliker op vleuel as Gio en hys so snapsie groter wat in sy guns sal tel. Ek stem tog saam dat Ruan moet begin maar ons kort ‘n opvolger op skrumskakel en die persoon moet Piet van Zyl wees en nie Jano Vermaak nie.

    • Guntz ek hoo ook van Piet van Zyl. hy en Kerr Barlow baie dieselfde tipe skrummies. Ek is ook ten gunste van Johan goosen en ek dink hy kan op die UK toer later vanjaar gebloei word. moet egter hom nie in watte toedraai nie. James O’Connor, Beale, F Steyn, P Lambie en Cooper bf was almal gekies toe hul baie jonk was. if you are old enough then you are good enough. My ander 10 opsie sal nou Patrick Lambie wees. SA het genoeg goeie heelagters (nie puik soos Beale (as hy die dag die bal kan vang) of Daag nie) en Taute is ‘n opwindende toekoms opsie. so tussen Goosen/Lambie op 10 en/og Lambie/Taute op 15 is waarna HM moet mik vir die WC 2015

  4. Stem saam met die inhoud van die skrywer asook gepaardgaande blogs. Ons probleem is dat die bal te stadig versprei word na die backs (1) Francois Steyn dink hy is Chuck Norris en wil oor almal hardloop (Crash Test Dummy) and hy’s suinig en gee nie die bal uit die. (2) Kort ‘n generaal wat kan dikteer in die agterlyn om ons opponente aan die raai te hou. (3) As heelagter, is Zane nie die oplossing nie (miskien Gio) wat van die heelager en vleuel van die Cheetahs wat die bulle platgevee het as opsies? Die AB’s se 1ste drie was puik met SBW & Nonu wat as decoys pose voordat Dagg gedruk het. Naby aan “obstruction” en kan teen jou tel Kyk na die Sharks & Cheetahs se spel peil – bly weg van die Bulle & Chockers se spel patroon want bo en behalwe dat dit borig is, is ook baie vorspelbaar.

  5. Maverick, behalwe die wedstrydplan met FS sal hy ook nie gedy met MS wat te diep in die pocket speel nie. Imagine FS saam met ‘n Cooper, Barnes, Carter of O’Connor. FS sal altyd minstens 2 verdedigers in sy kanaal hê omdat MS so diep speel en dit maklik is om te shift/slide na hy uitgegee het.




Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Switch to our mobile site