Who is the greatest?
August 7, 2012 in Uncategorized
I am the greatest, het Muhammed Ali alias Cassius Clay aan die wereld verkondig en tot vandag toe kan ek nie daarmee verskil nie. Die vraag is wie is die beste sportman/vrou of te wel die ‘beste atleet’ van alle tye.
Michael Phelps met 22 medaljes (18 goud) is verseker die beste swimmer ooit. Usain Bolt het Carl Lewis geewenaar om die 100m Olimpiese goud na mekaar te wen. Tog is Bolt nogsteeds die vinnigste aardsmens ooit met ‘n ongelooflik 9.58 sekondes oor die 100m.
Ja-ja, ek weet sommiges van jul sal nou antwoord dat dit onmoontlik is om versillende sport soorte met mekaar te kan vergelyk, en dit dra waarde. Hoe vergelyk ‘n mens spansporte teen individuele sport.
Tog wie was die’beste’ die moeilikste om te klop, het die has ontmoontlikste loopbaan gehad teen die sterkste kompetisie. Wie het die rekordboeke herskryf en/of vir jare betower?
Muhammed Ali, Michael Phelps, Carl Lewis (verspring goue wenner ook), Usain Bolt, Pele, Maradonna is van die supersterre wat onmiddelik opduik.
Maar wat van Michael Jordan, Tiger Woods, Sir Donald Bradman, Sachin Tendulkar, Rodger Federer en Steffi Graf?
Stem op peiling en vertel my wie jy dink die beste is!
to vote click on link:
http://blogs.dieburger.com/KevinD26/chiefs-verkrag-sharks


REM said on August 7, 2012
oor die jare raak dinge net makliker om te doen. Toe Carl Lewis sy naam gemaak het was dinge anders as wat dit nou is. En dis ontmoontlik om iemand aan te skryf as die best. Ek sal se…Atletiek…Jesse Owens…Boks….Ali…..Tennis…..Federer…..Basketball…..Jordan….Golf….Niklaus…..F1…Schumacher….Baseball….Ruth….Sokker…Pele….Rugby…Frik Du Preez….Krieket….Jacques Kallis..(ja ek glo dit want hy is meer veelsydig as almal)….maar dan ook…daar is vele ander wat mens kan aan dink..
Kevin D said on August 7, 2012
REM, ek stem oor wat jy se, dit is amper onmoontlik om die beste te kies. interressante keuses van jou. kom ek stel dit so, as jy slegs een vd sterre ooit kom sien hy/sy ding kon doen op hul beste, wie sou dit wees?
gertbloues said on August 7, 2012
Dis moeilik. ‘n Swem aanhanger sal altyd die swemmer kies. Daar is mense wat Bolt se houding teen hom sal laat tel.
Ek byvoorbeeld is ‘n F1 fan en stel vir Micheal Schumacher bo meeste atlete. Wat hy vermag het is nou wel ook te danke aan die masjienerie wat hy tot sy bekikking gehad het, maar hy het ‘n groot hand in die ontwikkeling van sy Ferrari’s gehad voordat binne seisoen toetse verbied is.
Op boks is dit moeilik om vir Ali te klop aloewel Marciano ook genoem moet word. (Daai kontroversiele video wat gemaak is toon actually dat Marciano vir Ali sou gewen het)
Ek het met hierdie spele ‘n nuwe respek vir Phelps gekry. Dit is verstommend om te sien hoe hy absoluut kompiteer. Le Clos het hom gewen, maar sodoende net Phelps se vesier op hom gestel in die 100m en Phelps het hom totaal uitoorle in hierdie item. Dis ware “athletism”
As ek iemand sou moes kies uit pure vermoë, volhoubaarheid en sportmanskap, sal ek gaan vir Federer.
Boesman said on August 7, 2012
Dit gaan alles afhang van watse tipe sport jy van hou, as jou gunsteling krieket is gaan jy 10-1 vir Kallis kies, maar sokker sal baie mense se Messi en so aan, want as jy nie die sportsoort regtig goed ken nie, gaan jy nie weet hoeveel n speler van die sport werd is vir sy span of homself nie! dis n baie moeilike vraag om te beandwoord! ” J “
Boesman said on August 7, 2012
Ek moet nogal saam stem met Federer, Ek kyk alle sportsoorte, en weet nogal genoeg van meeste om te weet wat n speler werd is vir sy span en homself(buite spansport verband) en as jy kyk na hoe hard hy moes werk om terug te kom tot by no1 en dit nog met n tweeling waaraan hy moet tyd en aandag gee, en dan nog op sy ouderdom is dit uitstekende werk! vat daarmee saam die persoonlikheid wat hy het, ek dink nie jy kry iemand met beter Sportmanskap as Roger nie! Hy’s n Legend en het nognie eers opgehou nie! ” J “
GROENIE said on August 7, 2012
ek hoor jyt n miskraam gehaad, jyt die super15 verwag ; )
Kevin D said on August 7, 2012
Boesman, ja dit is ‘n moeilik vraag, tog ek is ‘n rugbyman maar ek noem nie eers rugbyspelers hier nie, want ek dink nie daar was ‘n speler wat oor jare gedomineer het nie. Campo was nogsteeds vir my die mees invloedrykste WBeker speler met sy enorme bydrae in 1991. Messi is nie Pele of Maradonna nie. die dag wanneer hy ‘n WCup syne maak….wie sou jy kies om te kom sien?
Kevin D said on August 7, 2012
houding van atlete is maar ‘n SA ding om dan teen hul te tel. Ali was die grootste bek van almal en Bolt is die Ali van atletiek. dit is belaglik dat Juan de Jongh en Gio se dansies teen hul insluiting tel omdat HM nie daarvan hou nie. kyk na die prestasie van die atleet. Schummi is moeilik om te oordeel want hy het die beter kar gehad en meeste no.1 poll position. maar hy was klas.
Kevin D said on August 7, 2012
Groenie, ek nes duisende ander van die 14 spanne wat in die hek geduik het, jy insluitend!
Kevin D said on August 7, 2012
Boesman, Kallis is seker die mees veelsydige krieketspeler maar choke in WCups. soos ek hier skryf wonder ek oor hoe goed Bradman was. teen alle lande het hy honderds behaal en reekse gewen. sy toetsgemiddeld (99.94)staan nou al hoeveel jare en sy eerste klasrekord was ook bo 95! so dit gaan nie oor veelsydig nie, dit gaan oor wie die sport gedomineer het!
Kevin D said on August 7, 2012
omdat ek nog nie uitgewerk het hoe om peilings hier op te sit nie, kom stem by:
http://blogs.dieburger.com/KevinD26/ali-bolt-pelewie-is-die-greatest
baylion said on August 8, 2012
Post the poll script code into the text/html widget
Met uysh said on August 8, 2012
Wereldbekers? Wat het dit met regte krieket uit te waai? Hoeveel wereldbekers het Bradman gespeel?
Ek dink as mens praat oor krieket, praat mens oor toetskrieket, en Kallis is een van die bestes ooit.
Herman Steytler said on August 8, 2012
Interessant dat jy Tendulkar se naam noem en nie Kallis s’n nie… Baie van die krieket spelers wat vandag speel en baie van die wat al afgetree het glo dat die beste krieket speler ooit is Mnr. Jacques Kallis omdat hy ongelooflik is in al die spekte van die spel!!! Hy staan 4de op die ranglys met die meest lopies ooit en het die hoogste gemiddeld van hulle almal as ek dit nie mis het nie… Dan nog het hy amper 300 toets paaltjies en ‘n ongelooflike klomp vangskote wat bygese in die glippe gevang is wat van die moeilikste veld posisies is. Jy kan enige krieket kenner op die aarde vra om ‘n “all time” wereld span bymekaar te sit en Jacques Kallis sal in 99 uit 100 van daai spanne wees!!
Kevin D said on August 8, 2012
Herman: 1: ons kies nie hier ‘n Wereld XI krieketspan nie. dit gaan nie hier oor veelsydigheid nie. Woods -gholf, Federer- tennis ens. Kallis is soos Niel Jenkins, great stats, maar choke in BMT games. As kolwer het hy nooit gedomineer soos Lara, Ponting en Tendulkar nie. G Pollock & B Richards was ook ‘n beter batsman. Om Kallis as die beste atleet in die werld te sien is belaglik! Hoe lank het dit hom gevat om ‘n 200-tal te kry. Hoeveel 200′s het Bradman nie!
Kevin D said on August 8, 2012
Met Uysh, here we go again. ek praat nie oor krieket nie. ek praat van die mense wat sporte gedomineer het. wat die beste was. Kallis is nie die beste bat ooit nie, by verre nie, nog minder die beste bouler! om Kallis met Bradman of Tendulkar te vergelyk is net deur sommige SAners. hoeveel reekse het Bradman nie gewen op sy eie nie?
Met uysh said on August 8, 2012
Lees jou eerste stelling, jy “diskwalifiseer” vir Kallis agv jou opinie dat hy choke in wereldbekers. Hy is die beste all round krieket speler ooit, dit maak hom ‘n kandidaat.
Kevin D said on August 8, 2012
MU wat verstaan jy nie van beste in ‘n spesifieke element. nie veelsydigste. om Kallis se prestasies met Bolt, Wood, Bradman ens te vergelyk is belaglik! watse wereldrekord het hy opgestel. watter reekse het hy jaar in en jaar uit gedomineer. nee, wat dit is soos om met ‘n plant te redeneer. die res vd wereld lag vir jou om Kallis as een vd greatest ooit te beskou. gaan kyk weer na die name hierbo…
Kevin D said on August 8, 2012
baylion, where do I find the widget? come and talk CC at:
http://blogs.dieburger.com/KevinD26/proooovince-die-currie-cup
baylion said on August 9, 2012
In your dashboard under Appearance there’s a link to “Widgets”
baylion said on August 10, 2012
How do you measure and compare “greatness”?
Do you look at single discipline?
Usain Bolt – short sprints in recent years
Sergey Bubka – dominating pole vault for 14 years with 17 world records
Or do you look at overall performances?
Bobby Jones – beat the professionals of his day regularly and still the only golfer to win the US Open, US Amateur, British Open and British Amateur in one year.
Roberto Duran – Boxing world titles in 4 different weight divisions
Jacque Kallis – world class batsman, bowler and fielder
Or versatility?
Babe Zaharias – 2 Olympic gold and 1 silver medal, 48 LPGA golf titles
Roman Šebrle – dominating the decathlon and heptathlon for nearly 10 years
Met uysh said on August 10, 2012
Haha! Dan moet hulle nou maar lag. As die hele wereld dink Kallis is nie een van die beste krieketspelers ooit nie dan is die wereld onnosel.
Ek dink jy mis die hele punt van my kommentaar. ‘n Plant het ten minste nog intelligensie maar ‘n brood soos jy? Nee wat…