Haainette is gespan in die Kaap!
July 25, 2012 in Uncategorized
‘n Skool Durbanse witdoodhaaie word verwag die naweek in Kaapstad. Moet egter nie bekommer nie, die Stormers het selfs die haainette gespan!
Haaivinsop as voorgereg met gerookte Durban Sardiens en haai-niertjies pasteie as hoofgereg hierdie naweek in die mooiste Kaap. Interessant hoe die meeste nie-Stormers, nes die Sharks ondersteuners, alklaar dink aan die Sharks wat dalk weer moet NZ toe vlieg! Dit pas die Stormers!
Dit is een ding om te beplan, maar dit is soms ook baie verwaand om te dink die Sharks sal net moet opdaag om die Stormers te klop. Net‘n paar dinge:
1: die Stormers is nie die Reds nie!
2: die Stormers is bo-aan die SA groep!
3: die Stormers is bo-aan die algehele groep!
Ek stem nie saam met baie dat ‘vorm’ so kardniaal is vir uitspeelwedstryde sukses nie. Beserings, tuisvoordeel, motivering, geluk en die skeidsregter kan baie groter invloede wees! Die Reds was op puik vorm, het hul laaste ses wedstryde gewen voor Saterdag en maklik vier driee teen die Waratahs gedruk. Beserings en die skorsing van Quade Cooper het hul gekniehalter.
Hiermee vat ek geensins enige iets weg van die Sharks nie. Die manier wat die Sharks speel is hoe die Bokke moet speel. Hul probeer die bal lewendig hou en gaan nie net grond toe en stel ‘n fase op nie. Hul is blitsig en gewillig om omgekeerde besit nie weg te skop nie, maar met teenaanvalle te begin. Dit is goeie taktiek aangesien die opponent se verdedigingstelsel nie opgestel is nie. Hul aanvallende benadering en die Stormers se verdediging sal sukses vir die Bokke op die langtermyn kan bring indien dit as bloudruk gebruik word.
Die Sharksse skerpste tande:
- Hul voorry is die Bokvoorry
- Hul slotte doen die donkiewerk goed
- Charl McLeod is ‘n lekker ‘old school’skrummie en gevaarliker as Dewald Duvenhage
- JP Pietersen is op sy X-faktor beste
- Patrick Lambie, ‘n koelkomkommer
- Hul lostrio as kombinasie vul mekaar briljant aan
- Marcell Coetzee & Bismark du Plessis
Die Stormtroepese skerpskutters:
- Deon Fourie/Tiaan Liebenberg gaan nie net terugstaan vir Meneer Bismarck nie
- Die Stormers se slotte is puik en kan groot druk op die Sharks se lynstane plaas.
- Rynardt ‘Bakkies se baas’ Elstadt is vir niemand bang nie!
- Siya Kolisi staan ook nie terug vir enige Sharks loosie nie
- Peter Grant se skopskoen
- Jean de Villiers en Juan de Jongh is meer ervare en Springbokke
- Die Stormers agterste driehoekis meer gevaarliker as kombinasie as die Sharks sin
- Duane ‘die verskriklike’ Vermeulen is die Kaapse Steven Seagul!
- Die Stormers se ystergordyn verdediging stelsel.
Kan die Sharks wen? Ja, enige van die vier spanne in die semis kan wen. Die Sharks was ook iewat ongelukkig vroeer vanjaar op Nuweland en Peter Grant wat opgekom het as plaasvervanger, het met ‘n puik strafskop hul tande getrek.
Gaan hul wen? Nuweland en die Kaapse honger sal ekstra oefm aan die Kaapse Stormtroepe verskaf! Go Stormers!
Chiefs vs Crusaders
Ek wil nie eers ‘n voorspelling waag nie. Die Crusaders weet hoe om uitklopwedstryde te wen en hul het Menere Richie McCaw, Israel Dagg, Kieran Read en Dan Carter, die vier beste spelers in hul posisies in die wereld, saam met ‘n hele groep voetballers in die span. Dit is makliker om vir ‘Wally’ te vind as ‘n swak plek in hierdie kampioen-streekspan. Die Chiefs skryf ek ook nie af nie. MetTom Kerr-Barlow en Aaron Cruden het hul die gevaarlikste aanvallende skakelpaar in die kompetisie. Dan het hul ook vir $onny Bill Williams!
Met die hart voorspel ek: Stormers vs Chiefs finaal!
Met die verstand: Stormers vs Crusaders finaal!
Stem op peiling wie jy dink in die finaal gaan speel.
Ek is bly om te sien ek was nie die enigste wat gereken het die Blues en Warathas die semis sou maak nie. Redge is die enigste een wat die SA groep reg voorspel het. Wys maar net watter lekker onvoorspelbare seisoen dit was.
Gaan lees gerus weer wat ek en jul gedink het in Februarie vanjaar:
1:SA groep:
Kevin D: Stormers Sharks Bulle Leeus Cheethas
Haaitjie: Sharks Stormers Leeus Bulle Cheetahs
Baylion: Sharks Stormers Lions Bulls Cheetahs
Redge: Stormers Bulls Sharks Cheetahs Lions
Buurman: Stormers Sharks Bulls Lions Cheetahs
Die Kriek: Sharks Stormers Lions Bulls Cheetahs
BlousteBlou:Bulls Sharks Stormers Lions Cheetah
GHT: Sharks Stormers Bulls Cheetahs Lions
Hanjo: Stormers, Bulls, Sharks, Lions Cheetahs
Czardas: Sharks, Cheetahs, Stormers, Bulls, Lions
The Dutchman: Stormers Sharks Cheetahs Bulls Lions
StormyRodger: Stormers Sharks Lions Bulls Cheetahs
Proovince: Sharks, Stormers, Bulle, Lions en Cheetahs
Cas: Sharks Cheetahs Bulls Lions Stormers
Pieter B: Stormers Bulle Leeus Cheetahs Sharks
WillieN: Bulls Sharks Stormers Cheetahs Leeus
Sias: Bulls Stormers Sharks Cheetahs Lions
Jonrae: Stormers Bulls Sharks Lions Cheetahs
2: Semi finaliste:
Kevin D: Crusaders StormersWarathas Blues
Haaitjie: Blues Crusaders Sharks Warratahs
Baylion: Reds Sharks Crusaders Waratahs
Redge: Crusaders Waratahs Blues Stormers
Buurman: Blues Crusaders Reds Stormers Die Kriek : Crusaders SharksReds Blues
BlousteBlou: Blues Bulls Waratahs Crusaders
Hanjo: Stormers Blues Chiefs Reds
Jonrae:Crusaders Blues Stormers Bulls
GHT: Blues WarathasSharks Crusaders
The Dutchman: Stormers Crusaders Blues Reds
CAS: Cheethas Sharks Crusaders Blues
StormyRodger: Crusaders Stormers Blues Waratahs
Pieter B: Crusaders Stormers Warathas Bulls
WillieN: Crusaders Bulls Blues Warathas
Czardas:Reds Blues Sharks Chiefs
http://blogs.dieburger.com/KevinD26/stormers-sharks-bulle-leeus-en-cheethas
http://blogs.dieburger.com/KevinD26/stormers-sal-weer-die-sa-vlagskip-wees
Come join my The Rugby Championship prediction game on SuperBru! It’s free and loads of fun. Just click here:
http://www.superbru.com/rugbychampionship/pool.asp?p=11002762
Pool name: Aussieboer Pool code: oopsrude


Recent Comments