SA flagship must sail through. Balls on the Guillotine!
June 29, 2012 in Uncategorized
So storm(ers) ons weer verder. Alhoewel ek aanvanklik nie ten gunste van die breek gedurende vanjaar se Super15 was nie, begin ek nou dink dit is ‘n goeie ding vir die meeste spelers om so ‘n bietjie van ‘n blaaskans te kon gekry het. Ek voel vir sekere spelers wat in al drie, sommige Wallabies in vier, toetse ook moes gespeel het. Hul sal moet ‘n breek erns kry want geen mens kan so aanhou speel nie.
Allister Coetzee het die kans om te waag deur Stormers en Bok-sterre, Eben Estbeth, Jean de Villiers en Bryan Habana te laat rus. Andries Bekker is terug en Quin Roux kan instaan vir Etsebeth wat ook ‘n las van ‘n enkel het. JP du Plessis kan nog ‘n geleentheid kry om De Villiers ‘n blaaskans te gee met Bekker wat dan die leisels kan oorneem. Met Gerhard van den Heever en Gio Aplon op vleuels met Joe Pietersen in die laaste vesting, verloor die Stormers niks nie. Deon Cartens kan vir Steven Kitshoff ‘n welverdiende rus gee of Brock Harris kan aan die loskop sak met Faan Malherbe op vaskop.
Die groot kopseer is egter die lostrio. Siya Kolisi kies homself. Met Nick Koster, Duane Vermeulen, Nizaam Carr en Schalk Burger nogsteeds toeskouers; Rynardt Elstad geskors vir een wedstryd; Nick Fenton-Wells alreeds oor die waters en Pieter Louw wat vir Coetzee ‘n pit-druk, is Jebb Sinclair ‘n logiese keuse alhoewel hy nog geensins uitgestaan het nie. Deon Fourie kan dalk noodgewone langs die kant van die skrum stelling inneem? De Kock Steenkamp kan ook ‘n opsie op slot of flank wees.
Die Stormers moet egter pasop. Die Welpies is sonder hul leeutemmer, John Mitchell, na hy deur die trop verwerp is, is onvoorspelbaar. Die maanhaar Leeu-mannetjie, Josh Strauss en sy welpies sal dus alles in die stryd sit om te bewys dat hul nie vir Mitchell nodig het nie. Hoe belaglik is dit dat Mitchell wat die Leeus laasjaar tot Curriebeker-kampioene (toegegee dit was ‘n afgewaterde Curriebeker) gelei het, nou in die padgesteek is oor die spelers voel hy was te ‘hard’ op hulle! Wat ‘n klop pussycats, daai klomp Leeus. Ek sou ook hul fortuin vir hul vertel het! Dank Vader Nick Mallet is nie die afrigter of Baas Luyt is nie meer die sirkus-baas nie! Sien wat gebeur as vandag se jongmanne sonder die rottang op skool groot word!
Die Cheethas kan die Bulle se aanslag om die uitspeelstryde te haal lelik laat ontspoor hierdie naweek. Heinrich Brussow sal seker sy stem wil dik maak en bulle jag soos die cheetha wat hy is, net om vir Meneer Meyer te laat kennis dra dat hy nog nie afgeskryf moet word nie.
Die Reds behoort die Rebels te klop, maar in Melbourne is hul soms rebels with a cause. Quade ‘super Cooper vs sy mate, James O’Connor, is’n watertand dis. Will Genia mag dalk die wedstryd mis weens ‘n besering. Wen die Reds en die Brumbies swig in Perth, is die wilde perde nie meer so vry nie! Michael Hooper, die kroonprins, se stryd teen Wallbie-kaptein en aussie koning, David Poccock, kan ‘n groot rol in hierdie derby speel.
Sit jou Balle op die Guillotine! My keuses in bold.
Highlanders vs Chiefs
Rebels vs Reds
Crusaders vs Hurricanes
Force vs Brumbies
Stormers vs Leeus
Cheethas vs Bulle
Bloggers: StormyDikstingel: Chiefs Reds Crusaders Brumbies Stormers Bulle
JvR: Chiefs Reds Crusaders Brumbies Stormers Cheethas
Haaitjie: Chiefs Reds Crusaders Brumbies Stormers Cheethas
BayaBlouBul: Chiefs Reds Crusaders Brumbies Stormers Bulle
Redge: Highlanders Reds Crusaders Brumbies Stormers Bulle
BlousteBlou: Chiefs Reds Crusaders Brumbies Stormers Bulle
Jonrae: Highlanders Reds Crusaders Brumbies Stormers Bulle
go and read:

Recent Comments