Is julle reg vir die eerste van ‘n paar ‘reg of weg’ naweke van SupeRugby! Die poppe gaan behoorlik begin dans, die wilde perde breekweg, die bulle kry weer ‘n horing en die Vlagskip sink in die Haaitenk! Neeeee!!! Ek moet wakker skrik! Dit sal ‘n verskriklike nagmerrie wees! Tog ‘n baie groot moontlikheid!
Die voorgereg kan sommer ook ‘n hoofgereg wees vir sommiges. In Madeliefieland sal daar seker Vrydagoggend al vroeg etenstyd geneem word. Die Kegs en Spurs sal seker elke TV op rugby hê vir ‘n laat ontbyt of brunch!
Chiefs vs Bulle
Hierdie is ‘n MENEER-stryd! Die konserwatiewe Bulle, alhoewel hul meer avontuurlustig is sedert hul geklee is in hul MadriGrass-pooefter-pienk toppies, teen die NZ se ‘Hane’! Die Chiefs sal hierdie een wil wen en met ‘n Stormers verloor dan bo-aan die punteleer wees. Die Pienkes sal minstens ‘n bonuspunt moet verkry, want wen die Sharks die SA Vlagskip is die kompetisie wawyd oop. Die Chiefs is onvoorspelbaar en watter ‘span’ opdaag sal bepalend wees.
Sonny Bill Williams vs Meisiekind Olivier is die groot trekpleister. Oorleef Meisiekind die stryd kan Heyneke Meyer dus sy plan van Miesiekind op 12 vir die Bokke, deurvoer. Foutjie!
Hurricanes vs Rebels
Die Rebelle beleef ‘n goeie seisoen sonder die ‘wunderkind’ James O’Connor. Kan hul dit 3 oorwinnings in ‘n ry maak met oupa Stirling Mortlock in? Rod Kafer het nou die aand Mortlock se spoed vergelyk toe hy in 2003 die All Blacks gesink het, met die onderskep drie in die RWB, teen sy onderskep teen die Crusaders twee naweke terug. In 2003 het hy 35km/p gehaal. Nege jaar later trek hy maar op 25 km/p!
Die Hurricanes is een van vier NZ spanne nog in die prentjie, so ‘n verloor kan dalk die doodslag wees vir hul.
Blues vs Highlanders
Who cares behalwe Highlander-fans. Ek gaan braaf wees en die Blues kies!
Brumbies vs Reds
Jake White se wilde perde is die Aussies verrassing (hul seisoen is de ja vu toe hy Bokafrigter geraak het). Wen die Brumbies hierdie een in die hoofstad gaan dit knor vir die Reds vorentoe. Die Reds kon nog net eenkeer in Canberra wen en dit was laasjaar. Met Quade ‘Super’ Cooper, Will Genia en Digby Ioane al drie reg, is my geld op die Brisvegas-manne! Go the Reds!
Force vs Leeus
John Mitchell se ou-span teen sy huidige span. Verloor sy huidge span gaan hy dalk volgende jaar geen span hê nie. Gaan doen maar eerder inkopies saam met vroulief!
Cheethas vs Waratahs
Gaan eet maar ‘n Cheddamelt Spur burger en klap ‘n ‘kraaifontein cocktail’ terwyl jul nog ‘shop’! Vroulief sal dink jy stel haar eerste en dalk raak jy gelukkig!
Sharks vs Stormers
Na jou ‘quicky’ met vroulief kan jy nou reg maak vir die ‘ware’ hoofgereg! Die Sharks moet wen! Die Stormers kan wen. Die Stormers kan bo bly mits hul ‘n wen en bonuspunt vir 4 driee kry (ek hoor al hoe lag die Pienk-fans); of as die Chiefs en Stormers albei wen sonder ‘n bonus; of die Chiefs verloor.
Bokplekke in die SpringBlouBokke-span is ook op die spel hier. Gerhard vd Heever & Bryan Habana vs Lwazi Mvovo & JP Pietersen, Willem Alberts vs Siya Kolisi is die fynproewer se spesialiteit! Moet ook geensins die mini- veldslae van Steven Kitshoff vs Dok Jannie, Brock Harris (kan Heyeneke verkeerd bewys dat hy wel goed genoeg is vir toetsrugby) vs Beast Mtawarira en dan Meneer Bismarck du Plessis vs die willewragtige Tiaan Liebenberg (die amrman se Bismarck)! Man, ek gaan moet wakker bly tot 3-uur Sondagoggend, maar dit sal gedoen word!
Sit jul Balle op ‘indien jul nog het’ op die Guillotine!
Kan Meneer 3x DIKSTINGEL StormyRodger onttroon word?
Bloggers:
MeneerDikstingel Stormy:Chiefs Hurricanes Highlanders Brumbies Force Cheetahs Stormers
KevinD: Chiefs Hurricanes Blues Reds Force Waratahs Stormers
BayaBlouBul: Bulls Hurricanes Highlanders Brumbies Force Waratahs Sharks
Ian: Chiefs Rebels Brumbies Force Cheethas Stormers
KaapseStorm: Chiefs Hurricanes Highlanders Brumbies Force Waratahs Stormers
BlousteBlou: Bulle Hurricanes Highlanders Brumbies Leeus Waratahs Stormers
Jonrae: Chiefs Rebels Highlanders Brumbies Force Cheetahs Stormers
Sias: Chiefs Rebels Highlanders Reds Force Cheetahs Sharks
Haaitjie: Chiefs Hurricanes Blues Reds Lions Waratahs Sharks
Baylion: Chiefs Hurricanes Highlanders Brumbies Lionse Cheetahs Stormers
Recent Comments