Heyneke Meyer, en ek is ‘n groot ondersteuner van hom, het alklaar baie, wel feitlik almal suid van die Jukskei, baie moerig. Sy hele afrigtingsgroep kom uit Bul geledere. So gaan Meyer dus die Springbokke afrig of is dit die era van die SpringBulle of SpringblOUES as jy kyk hoe Meyer ou ballies ook benader.
Heyneke wil vir Victor Matfield ompraat om sy SuperSport mikrofoon neer te sit, sy stewels af te stof (OK hy sal nuwes kry) en die Bokkaptein te word vir die toetse teen die Pomme in Junie. SARU sal beslis moet hoes om Matfield terug te kry. Indien Matfield nie sy hare wil deur mekaar maak nie, alhoewel hy glo saam met die Bulle oefen, is Fourie ‘die fuhrer’ du Preez, Meyer se ander kaptein opsie.
Meyer is ook in gesprek met Frans Steyn, Guthro Steenkamp, Jacques Fourie, Danie Rossouw en Bakkies Botha.
Roux het ook gesê Saru het in formele gesprekke getree met die Bulls se voorspeler-afrigter, Johann van Graan, die voormalige Springbok-heelagter en die Blou Bulle se agterlyn-afrigter, Ricardo Loubscher, die Bulls se verdedigingsafrigter, John McFarland, en die Bulls se kondisioneringsafrigter, Basil Carzis.
http://afrikaans.news24.com/Sport/Rugby/Rassie-sluit-aan-by-Saru-20120415
OK, kom ek probeer oopkop dink oor die huidige stand van sake.
Waarom Heyneke dalk reg is:
- As afrigter wil hy mense wat hom jare gehelp het tot sukses ook bevorder. Reg, ek verstaan dit. Om eerlik te wees, het hy meer vertroue in homself as bv Jake White wat hom met vorige Springbokke of SupeRugby afrigters moes omring het.
- Meyer wil begin met ‘n ‘bang’ en wil die Pomme klop dus wenne eers voor hy begin bou. Fair…!?
- Meyer reken deur ervare manne terug te lok gaan hy dit kan vermag omdat hy nie genoeg tyd gaan he teen ‘n meer gevestigde Pomspan wat alreeds die Sesnasies gespeel het nie. Fair…?!
- Victor Matfield sal dan vetsak John Smit se meeste Bok toetse kan oortref!
Waarom Meyer Bok-fans moerig het:
- Hy het gese hy gaan altyd die beste spelers op vorm kies.
- Hy het gese hy gaan altyd eers sy 22 kies en dan sy kaptein.
- Sy aanstelling van net BlouBulle is baie verdag. Vergeet van Rassie Erasmus se insette. Erasmus wil nie sy hande vuilmaak nie en sit nou in ‘n hoogsbetaalde kantoor joppie. Hoeveel inset gaan Erasmus regtig in die spankeuses he? Hy moet ‘n bloudruk vir SA op alle vlakke ontwikkel. Absoluut belaglik!
- Dit klink of dit SpringBulle en nie Springbokke gaan wees. Chilliboy Ralapele, Morne Steyn en Pierre Spies is verseker van hul plekke.
- Was Pierre Spies se aanstelling as Bulkaptein Meyer se strategies skuif om Spies Bokkaptein te maak na hy ondervinding as SupeRugby kaptein opgedoen het? Ek dink so. Duidelik beskou hy nie Schalk Burger as Bokkaptein of selfs as die voorste oopkant flank nie.
- Daar is beter slotte as Matfield en Bakkies Botha (Andries Bekker, Eben Etsebeth en Juandre Kruger. Flip vd Merwe en Rynardt Elstadt is goeie back ups)
- Ek is ‘n groot Gutrhro Steenkamp man maar Beast Mtwarira, Dean Greyling, Coenie Oosthuizen en Steven Kitshoff is almal goed genoeg vir die Pomme.
- Gaan Skouponie Spies bo die briljante Duane Vermeulen en knap Keagan Daniel gekies word?
- Moet Francois Hougaard terugstaan vir du Preez of gaan eersgenoemde as vleuel ingespan word?
Mag ek verkeerd wees maar dit kan dalk die Bokspan wees as Meyer sy sin kry.
SpringblOUES:
15: Zane Kirchner 14: Francois Hougaard 11: Bjorn Basson
13: Wynand Olivier 12: Frans Steyn
10: Morne Steyn 9: Fourie du Preez
7: Danie Rossouw 8: Pierre Spies 6: Deon Stegman
5: Victor Matfield 4: Bakkies Botha
3: Werner Kruger 2: Chilliboy Ralapele 1: Gurhtro Steenkamp
Of dalk verras hy ons met
SpringBulle:
15: Patrick Lambie 14: Francois Hougaard 11: Bryan Habana
13: Jacques Fourie 12: Frans Steyn
10: Morne Steyn 9: Fourie du Preez
7: Willem Alberts 8: Pierre Spies 6: Heinrich Brussow
5: Juandre Kruger 4: Andries Bekker
3: Werner Kruger 2: Chilliboy Ralapele 1:Dean Greyling
God forbid!
Hier is ‘n span Meneer Meyer!
14: Gio Aplon 15: Patrick Lambie 11: JP Pietersen
13: Jacques Fourie 12: Jean de Villiers (beseer?)/F Steyn
10: Johan Goosen 9: Francois Hougaard
7: Schalk Burger 8: Duane Vermeuelen 6: Heinrich Brussow
5: Andries Bekker 4: Eben Etsebeth
3: Jannie du Plessis 2: Bismarck du Plessis 1: Beast Mtwarira
PS: Heyneke, aangesien die toekoms nie so belangrik is nie, of te wel die bou van Bokspan nou al nie; hier is tog so bietjie raad vir die toekoms vir al met die oog op 2015. Gebruik dit nou al sodat jy nie in ‘n politieke geveg betrokke gaan raak nie. SARU soek vir die ‘holy grail’ 2015 nie net gekleurde maar etniese spelers. Bou nou en volhard (nie noodwendig hul nou al [2012] in te span nie maar nooi hul uit na alle Bokkampe ens) die volgende.
Beast Mtwarira (weet nie of hy as oud-Zim sal tel nie), Lwazi Mvovo, Chilliboy Ralapele en ook Siyz Kolisi. Veral laasgenoemde is nie tans nog nie op die vlak as Schalk Burger of Heinrich Brussow nie, maar toon genoeg talent om in 2015 of op 6 of 7 in die groep op meriete te kan wees. As flanke, Kabamba Floors, Thanda Manana, Pedrie Wanneburg, Deon Stegman, Theo Oosthuizen en Solly Tyibilika die ‘groen en goud’ kon dra; wel dan beslis ook Siya. So het jy vier moontlike etniese spelers op meriete en daar is oorgenoeg ander nie-blankes wat op meriete die groep sal haal. Problem solved…my plesier!
Oor my indrukke oor die Stormers se verloor Saterdag, gaan na:
http://blogs.dieburger.com/KevinD26/crusaders-wen-nie-n-ysberg-nie
Recent Comments