Boks will slaughter Samoa!
September 29, 2011 in Uncategorized
Samoa het nou wel vanjaar ‘n Wallabie B-span in Sydney vroeër vanjaar geklop, maar daar is niks vir die Bokke om te vrees Vrydag nie. Die Bokke sal Samoa tydens ‘breakfast SA tyd’ opeet!
Samoa mag dalk meer professioneel wees as vorige ‘holy grails’ (slegs een van hul spelers speel tans sy rugby in Samoa, die ander oorsee), maar hul is nie fiks genoeg en kreatief genoeg vir die ‘op vorm’ Wêreldkampioene nie. Die wedstryd word nou wel hier in Auckland omgewing gespeel en daar sal beslis meer ‘bully beef’ etende manne wees as wat daar Namibiers was, maar North Harbour is die ‘hartjie van die Boerevolk’ hier op die ‘eilandjie’.
Die die Bokpak sal getoets word in die skrums, maar Meneer Victor Matfield sal ‘n monoplie in die lynstane hê. Dit is die perfekte platform om Frans Steyn en Jacques Fourie se aanvalle te loots. Patrick Lambie sal moet wys dat hy nou gevestig is en dat Jean de Villiers maar vir die wyle nog die bankie moet warm hou.
Dit sal interessant wees om te sien of John Smit wel ‘n impak vanaf die bankie gaan maak indien hy Meneer Bismarck du Plessis gaan vervang. Francois Hougaard sal beslis meer ‘spring in die bok’ sit, of hy nou as skrumskakel of ‘finisher’ ingespan word. Pieter de Villiers se hande is seker ‘afgekap’ en daarom kan hy nie vir Hougaard in die beginspan op vleuel laat uitdraf nie. Kwotas is glo nie meer ‘n kwessie nie, yeah right, maar ek is seker dat Snor nie slegs met Gutrho Steenkamp/Beast Mtawarira en JP Peterson ‘mag’ begin nie. In so geval sou Gio Aplon dus ‘n verbetering op Bryan Habana gewees het.
Die hoofdis sal natuurlik wees JP teen die Samoa se overrated Jona Lomu, Alasana Tuilagi, wees. Hy is ‘n dom vleuel. Hy is nie fiks genoeg nie en dra die bal onder die verkeerde arm. Met goeie voetwerk en spoed sal JP hom soos ‘n pop laat lyk. Nes Lomu hou hy ook nie van ‘omdraai’ nie. Fourie du Preez se ‘box kicks’ is dus die regte doepa teen die ou grote wees.
Bokke met 21!
Weather prediction 16C with some showers during the game!

Had a brief chat to some Namibian players. They did their country proud!













Recent Comments