Natuurlik gaan almal nie te vrede wees met die hele groep nie. Niks nuut nie.
Ek is baie, baie bly dat Francois Louw wel die groep gehaal het. Ek skryf nou al vir jare dat ‘Flo’ SA se beste fetcher is. Ek het ook al verduidelik dat die WP/Stormers Flo nie as uit-en-uit oopkant aanwend nie. Die Stormers speel met linker en regterkant flanke, dus, roteer daai rol tussen Schalk Burger en Flo. Wat Flo so baie goed maak is dat hy meestal die rol van ‘n no.7 (SA terme) speel, tog ‘n ‘meneer’ op die grond is, balle stadig maak en omkeer. Hy staan ook bittermin strafskoppe af. Wat kan ‘n mens dus hieruit aflei? Schalk Burger en Willem Alberts gaan om die no.7 posisie meeding? Of gaan Pierre Spies, Albert en Burger om die no.8 trui ‘arm druk’? Baie geluk aan Snor en die keurders met Flo se insluiting.
Hoe de fok? Hoe kan Odwa Ndungane bo Lwazi Mvovo die span haal. Dit kan tog nie ‘n kleurding wees nie! Interessant dat beide Sharks is….Ian McIntosh!
Pierre Spies, CJ vd Linde, John Smit, Ruan Pienaar en Johan Muller het seker almal kopiee van Snor se beweerde ‘seks-tape’!
Net jammer dat Andries Bekker en Duane Vermeulen beseer is. Veral Bekker as impakslot om Bakkies te vervang in die tweede helfte, sou uiters doeltreffend gewees het.
Aan al die Bulle-bloggers hier wat mos dink ek het ‘n strepiesbril, hopelik sal dit nou duidleik raak dat ek spelers beoordeel volgens hul vaardighede en nie volgens die Bul-sukses wat hul dra nie. Vir hoe lank skryf ek nie al dat Deon Stegman, Garry Botha, Werner Kruger, Zane Kirchner en Wynand Olivier nie op toetsvlak hoort nie!? Danie Rossouw en Pierre Spies is moer gelukkig om wel die groep te gehaal het! Beserings van ander het hul in die prentjie gehou!
Die Springbokke:
Voorspelers: Tendai ‘Beast’ Mtawarira (Sharks), Gurthro Steenkamp (Bulls), John Smit (Sharks, K), Bismarck du Plessis (Sharks), Chiliboy Ralepelle (Bulls), Jannie du Plessis (Sharks), CJ van der Linde (Lions), Bakkies Botha (Bulls), Victor Matfield (Bulls, ok), Johann Muller (Ulster), Danie Rossouw (Bulls), Willem Alberts (Sharks), Schalk Burger (WP), Heinrich Brüssow (Free State Cheetahs), Francois Louw (Bath), Pierre Spies (Bulls)
Agterspelers: Francois Steyn (Racing Metro), Patrick Lambie (Sharks), JP Pietersen (Sharks), Gio Aplon (WP), Jaque Fourie (Province), Jean de Villiers (WP), Juan de Jongh (WP), Bryan Habana (WP), Odwa Ndungane (Sharks), Morne Steyn (Bulls), Butch James (Golden Lions), Fourie du Preez (Bulls), Francois Hougaard (Bulls), Ruan Pienaar (Ulster)
Snor het dus sy eie kop gevolg met die behoud van John Smit as kaptein. Bloggers het anders gedink:
| Schalk Burger |
193 |
23.77% |
23.77% |
|
| Victor Matfield |
275 |
33.87% |
33.87% |
|
| John Smit |
98 |
12.07% |
12.07% |
|
| Jean de Villiers |
246 |
30.3% |
30.3% |
Die Wallabies is natuurlik meer betrokke by van die veld af ‘plettervatte’. Kroeg-gevegte in Frankryk tussen die ‘young guns’, Quade Cooper, Kurtley Beale en James O’Connor laasjaar, maak dat rugby unie, vir ‘n slag die agterblaaie haal! Ek is bly Robbie Deans het O’Connor aan die bek geruk nadat die ‘Justin Bieber’ van wereldrugby, laas week die Wallabies se Wereldbeker-groep aankondigings pers geleentheid gemis het asook die amptelik spanfoto. Hy was glo die aand te vore in ‘n paar spog uithangplekke in die Coogee en Bondi Beach areas opgemerk. O’Connor was vroeer vanjaar ook baie ‘ongewild’ onder oud-Wallabies toe hy oor sy skuif na Melbourne verwys het as; “the move is to improve my brand“! Saterdag gaan die Waalbies vir die eerste keer sedert 2001 probeer om die Drienasietitel te verower hier in Brisneyland. Go the Wallabies!
Vote on poll who wil win Saturday and who will win the ‘holy grail’!
Come join my Rugby World Cup prediction game on SuperBru! Just click here:
http://www.superbru.com/rwc/pool.asp?p=198446
Pool name: Aussieboer
Pool code: caskraps
Recent Comments