Stormers (should have) blueprint vs Crusaders
June 30, 2011 in Uncategorized
Die Crusaders, glo ek nogsteeds, is die beste span in vanjaar se SupeRugby kompetisie. Hul het verspot maklik met SA se tweede beste span afgereken. Dit terwyl Dan Carter nie op sy skerpskutter beste was nie, en Meneer Richie McCaw, nie ‘n (seer) voet op die veld gesit het nie. Onthou, die Crusaders sou heel moontlik bo aan die lys gewees het as dit nie vir die tragedie was nie. Nie net moes hul ‘n wedstryd afstaan as ‘n gelykop uitlsag, moes tuis wedstryde weg van Jade Park speel en selfs die Sharks op Twickenham gaan klop het. Onthou met die belaglike konsep, het hul ook nie die Leeus en Rebels (gegee 5 punte op ‘n skinkbord vir die Crusaders) vanjaar gespeel nie!
Die Crusaders moet egter die lang vlug oor baie waters aandurf en dit dra by tot die ‘berg’ wat voor hul le. Tog, hul vlieg na die mooiste Kaap en as jy tans moet kies of jy eerder in Christchurch of Kaapstad sal wil wees…
Die Crusaders weet wat dit verg om as kampioen gekroon te word, en anders as baie SA span wat nogsteeds nie ‘glo’ hul kan weg wen nie, beskou hul dit as deel van die kompetisie en ‘n groot uitdaging. Hul toets hulself nie net daarin om spanne te vernietig op die Suid-eiland nie; hul pronk nog meer om enige span, in enige land en enige stadium te klop. Natuurlik sal hul goed ondersteun word deur die baie Cape-crounies wat nogsteeds glo dat die All Blacks, iets met velkleur te doen het! Wake up brothers and move on!
Dit gese; die Stormers weereens bewys dat hul die bes verdedigende span die afgelope twee jaar is. Nes Wereldbekers, word uitspeel-wedstryde menigte male gewen met verdediging en strafdoele.
Dus, die Crusaders het ‘n berg, ‘n helse berg, naamlik Tafelberg tussen hul en nog ‘n SuperBeker!
Allister Coetzee, sal moet raak vat. Moet Jean de Villiers binnesenter of vleuel speel, sal seker sy grootste kopseer wees. Juan de Jongh se aftrap sal Sonny Bill Williams toets, verseker. Maar, die klein tegniese probleem is dalk die feit dat de Jongh se verdediging ‘handboek’ goed is. Hy sal vir SBW kan ‘grass-cut’, maar dit is juis wat SBW dan gevaarlik maak. Hy sal dan sy ‘offloads’ beslis weer kan loots en dit was juis wat die laaste keer op Nuweland die verskil gemaak het.
Hier is my wenke om die Crusders te troef. Moet nie net balle doelloos skop nie. Soos ander NZ spanne sal hul jou stukkend maak met teenaanvalle. Skop uit want hul lynstane is nie hul sterkste punte nie. Die Sharks was die eerste 20 minute indrukwekkend met hul ‘in your face’ houding. Hul lynspoed was puik en dit het die Crusaders se spasie afgesny. Counterrucking ipv die bal te probeer steel omdat die Crusaders nie ‘getalle’ het by die losskrums op eie balle nie.
Belangrik: Dewaldt Duvenhage moet Saterdag meer as puik diens in sy skietgoed he. Dit is te maklik vir spanne om net op die buitekanale te konsentreer, want Duvenhage ‘vrae nie vrae’ aan die verdediging nie! Dewaldt, gaan bestudeer Charl McLeod, Sarel Pretorius en Francois Hougaardt.
Baie belangrik: Haal Richie McCaw uit die spel; ja, dit klink maklik maar tog, is nie so moeilik nie. Met enige top ‘fetcher teen jou, maak seker jou baldraer hardloop op McCaw af. Dit sal hom dwing om die duikslag uit te voer en dus nie die bal te probeer steel nie.
Uiters belangrik: Duane Vermeulen se besering is yslik. Die Stormers het die beste kombo gehad, en alhoewel Nick Koster vol rugby is, is hy nog in die Ryan Kankowski kategorie. Begin met hardebaarde. Schalk Burger op 8, Rynardt Elstadt op 7 en Francois Louw as uit-en-uit oopkant! Anton van Zyl is goed genoeg om teen die Cruasders se slotte te begin. Koster kan dan later opkom en van Zyl/Elstadt vervang.
Kardinaal: Moet nie in jul eie gebied hardloop nie. Speel presentasie rugby en plaas druk op die Crusaders deur hul vas te pen in hul eie gebied. NZ spanne haat dit en maak dan foute onder sulke druk.
Waarom ek glo die Stormers kan wen! Nuweland natuurlik en ook:
Francois Louw is in dieselfde klas as David Poccock mits hy reg aangewend word. Peter Grant se skopwerk pale toe is vanjaar beter as Carter sin. Andries Bekker kan hul ‘moor’ in die lynstane en vastelos. Schalk ‘die masjien’ Burger is op sy 2004 vorm! Deon Fourie en Tiaan Liebenberg is beter as die hakers wat die Cruasders kan opstuur, insluitend Corey Flinn . Gio Aplon is ‘n ‘frats’ maar ‘n puik een!
Die beslissende veldslae sal wees in die skrums en tussen die senters. Dit is hier waar Brock Harris en Wickus Blaauw moet toon dat Pieter de Villiers en BlouBul ondersteuners net so baie van skrumwerk afweet, as die skeidsregters. Ek se nie Wyatt Crockett, Owen en Ben Franks is swak nie, inteendeel hul is puik. Jean de Villiers/Juan de Jongh en Jacques Fourie sal moet wys dat SBW en Robbie Fruean nie die All Blacks se beste opsies is nie. Peter Grant se stryd teen Dan Carter, die een waarom die spil gaan draai.
OOPS, hoe vergeet ek amper van Bryan Habana…………
Go Stormers!
Interessant dat die Crusaders en Stormers nogsteeds volgens die peiling as die gunsteling beskou word om die titel te wen.
This blog was written before Stormers team was announced. Go Stormers!
Stormers: Conrad Jantjies, Gio Aplon, Jaque Fourie, Jean de Villiers, Bryan Habana, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Nick Koster, Francois Louw, Schalk Burger (capt), Andries Bekker, Rynhardt Elstadt, Brok Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw.
Reserwes: Deon Fourie, Steven Kitshoff, Anton van Zyl, Schalk Brits, Louis Schreuder, Juan de Jongh, Johann Sadie.




Recent Comments