Wat is die verskil tussen ‘n toeris en rassis? Twee weke in Suid Afrika!
Dit was die algemene sê ding van my aussie mate Dingo as hy hier kom kuier het; as gevolg die onbevoegheid van sommiges en ook die taxi-manne se bestuursvernuf en padmaniere. Nee wat, dit is nie heeltemal meer so nie.
My 42 dae in Suid Afrika is verby. My Afrikaner-hart klop weer sterk en my bloed is suiwer Groen & Goud! Dit was my 4de keer terug in +6 jaar. Ek gee dus Suid Afrika ‘n 7.2/10 vir my ervaring hierdie keer. Daar is nog baie ‘vrotkolle’, maar dit was vir my in baie opsigte ‘n Suid Afrika ‘on the up’!
Vrotkolle (TIA):
‘This is Afrika’ – my girlfriend het dit goed opgesom. “Everyone is on African time here, until they get on the road”!
Met my koms hierheen is my vlug op Johannesburg vertraag omdat hul nie die pilot kom vind nie! -TIA
Onbevoegheid van veral swartes in posisies waar hul gedurig met die publiek ‘face to face’ kontak maak. Tydens ons Tafelberg besoek, druk die dame 20 kaartjies ipv 2! Dit gaan deur op my kredietkaart. Sy doen ‘n onmiddelike ‘refund’ maar deur dieselfde bedrag in Rand te refund kry ek minder terug in A$ as wat die bank uit betaal. In albei gevalle beloop my ‘currency conversion fee’ A$13 plus nog ‘n A$14. Op die ou end sou ek R235 verloor het, wat nou nie die einde vd wêreld is nie, behalwe dat dit meer is as die belaglike duur koste van die kabelkarkaartjie in die eerste plek – TIA
Baie vulstasies wat nog nie kredietkaart fasiliteite het wat werk as jy petrol in gooi nie – TIA
Belaglike bankkostes – TIA
Wit Saffas het nie anders kleuerige huisvriende nie. That is South Africa.
Die Spur was egter my grootste teleurstelling. Nie net is die prys te veel nie, maar die burgers is kleiner en wat het geword vd dae toe ‘n Cheddamelt burger nog ‘n kaas- en sampioensouse was? Dan ook, om 3 belaglike foute te maak met een bestelling…Eish! – TIA
Toegegee dat ek net in die Kaap omgewing was, maar die lug is moer vuil in die Skiereiland-omgewing! Besoedeling is koning. Baie rubbish ook op die strate! – TIA
Volgens statistiek is VSA en Aus die vetste mense tans. Al wat SA red is die 15 miljoen wat onder die broodlyn lewe en ondervoed is. Veral jonger witmense kan maar meer aktief raak en gesonder eet! Blameer dit maar beslis op al die lekker braaie, dubbel brannas en Coke, koeksusters, vetkoek, pizzas en diesmeer – TIA
Te veel Suid Afrikaners rook. Ek het na een week met slym op my keel rondgeloop en hoes! Nee fokkit mense! – TIA
Lekker tye!
Om weer op Tafelberg te kon wees, Hunters Extremes by Blue Peter, Moya (te duur vir locals though), Ocean Basket en al die menigte wyntoere! SA het awesome wynplase.
Om weer op Nuweland te kon krieket kyk met my SA-hemp aan! Selfs my ‘arrestasie’ by die stadium was deel van TIA!
Koeksusters, seekos, vetkoeke, braaibroodjies, biltong en droëwors en redelike goedkoop pryse vir drank (in vergelyking met Aus).
Tietiesbaai kampeerplek.
Die bekwame bestuurder by Tafelberg wat na my oproep die saak reggestel het, omverskoning gevra het en gereel het dat ek terugbetaal word. No worries!
Die ‘vlooimarkte’ en die negotiations…ook al die ‘fake’ baie goedkoper sport jerseys!
Oujaarsaand by Buena Vista net buite Somerset Wes en ook die sundowners teen die Hottentots Holland berg op. Greatste Oujaarsaande in jare!
Twee troues wat ek bygewoon het!
Die baie meer vriendelike atmosfeer tussen wit en swartmense op strate ens. Go the SWC 2010!
Awesome Kaapse sokkerstadium.
Beste koffie melkskommels!
Dan die mees belangrikste aspek. Die mense! Wie maak vir SA lekker? Die mense.
Die vriendelikes, die great Saffas en selfs die vreemdes wat uit hul pad gaan om te ‘help’ veral as hul hoor iemand is van Aus.
PS: om af te sluit. Ek het net vir een oomblik onveilig gevoel [see below]. Weet nie of dit maar net ‘n Kaapse ding is en of dit is omdat die maar altyd ‘beter gaan’ Des/Jan nie? My Aussie girl het dit ook beslis as baie veilig ervaar en sy was beïndruk met al die skoon publieke toilette; die meeste plekke ‘n permanente werker aan diens het!
Is Suid Afrika dus ‘n plek waar jy jou ‘heil’ kan soek? Beslis. Almal gaan nie ‘n ‘huisie by die see hê nie’, maar SA is beslis aan die verbeter, dink ek!
Cheers mates en tot volgende keer dan. Mag ons hoop dat SA albei Wêreldbekers wen. Ek sal egter nie ‘n traan stort as Indïe die krieket en die All Blacks die rugby verower nie (stem op peilings wie jy dink gaan wen). It’s only fair!
Praat weer uit Aus!
Let the games begin!
PS: 2. I wrote this yesterday and goeie fok, last night I almost caught a klein bliksem who opened my bedroom window. Thank God I woke up! Nee, SA hou maar daai kak vir jul! I don’t want to be a prisoner in my own home!
Recent Comments