Liefling…!
December 10, 2010 in Uncategorized
Al song wat sedert gisteraand in my kop ronddraai is Liefling! Nee, ek is nie gehipnotiseer of in ‘n Kampstaaldraad gat waar die lied oor en oor gespeel word nie. Nog minder is ek in Pretoria of is ek nou ‘n BlouBul/Derek Hougaard ondersteuner! Dit is ook nie asgevolg van al die Hunters Extremes of Kaapse wyn nie.
Ek was gisteraand saam met ‘n pragtige dame fliek toe. Liefling, ‘n afrikaanse ‘musical’, was verfrissend en iets buite die ‘boks’ vir afrikaans en ek moet bieg dit het nogal goed afgegaan. Behalwe dat dit ‘n groot rip-off is van die suksesvolle Glee TV-reeks, was ek beindruk dat hul 24 afrikaanse liedere gebruik het in die storieverhaal! Nog beter, is dat hul dit so bietjie meer hup gegee het met vandag se ritmes.
Die fliek het weerens vir my net beklemtoon dat SA van die mooistes jong dames het. Lika Berning, is doodeenvoudig pragtig. So natuurlik mooi. Bobby van Jaarsveld, kan sing en kan eendag die rol van ‘Meisiekind’ speel indien die Bulle ‘n fliek maak.
Wat ook indrukwekkend van Liefling is; die feit dat anders as die meeste afrikaanse flieks, waar seks, vloek en komedie die hoofbestandele is, is Liefling die tipe fliek wat jy jou ma toe kan saamvat.
Het jul al Liefling gesien?
Indien wel, wat het jul gedink?
Ek sien Stoute Boude begin vandag en ek is seker dit gaan ‘n reuse geldsukses wees. Ek dink nie dit is die tipe fliek wat ek my gisteraand se ‘date’ na gaan neem nie!
PS: my Moeksie was gisteraand my date!




Recent Comments