Bring on the World Cup 2011! Met alle toetsrugby vir eers verby het die 3 suidelike rugby reuse ‘n duidelik boodskap aan die noorde gestuur. Die ‘holy grail’ sal nie sommer volgende jaar afgestaan word aan die noorde nie!
Die All Blacks met nog ‘n Grand Slam en Dan Carter nou die toetsspeler met die meeste punte ooit, is verseker die gunsteling en met tuisvoordeel sal hul die Bokke in die halfeindstryd onmoet.
Die Wallabies het die Hane ‘n hardlooprugby les gegee en is nogsteeds my ‘dark horse’ vir die ‘holy grail’. Hoe maklik laat die Wallabies daai agterlyn driee lyk. Hul bly die slimste span op die planeet.
Die Bokke het Saterdag die Engelse seer gemaak. Nie net op die telbord nie, maar die Pomme het gebloei en verstaan vandag waarom ‘n toets teen die Bokke nogsteeds die einaste is. Die telling vlei die Pomme aangesien Victor Matfield 9/10 keer in daai oomblik sou druk. Saterdag was dit die 1/10 geval. Die pateet CJ vd Linde, (het hul hom nooit by Grey afgerig dat jy altyd die bal vir die vinniger buitespelers so gou as moontlik gee nie?), het nie net ‘n moontlike Bok drie verspeel nie, maar wel een op ‘n skinkbord aan die rooinekke gegee.
Peter de Villiers se kop is seker gered? Die Bokke het baie meer gevaarlik gelyk van die begin deur eerder die bal uitgegee as net weggeskop (alhoewel dit later weer sy kop begin uitsteek het). Die Bokke moet dit meer doen en alhoewel daar verskeie vrot aangee was, kan dit met meer wedstryd toepassing daarvan (dra die bal ipv skop), verbeter en met Jacques Fourie en Juan de Jongh volgende jaar terug kan Bok se kind weer huppel in sy knuppel kry!
Wat kon geleer word uit die Bokke se Noorelike kruistog?
1: Deon Stegman, is in dieselfde ‘klas’ as Kabamba Floors. Schalk Burger, Francois Louw, Heinrich Brussow is almal beter. Keegan Daniels sou verseker ook beter as Stegman gevaar het. Nes Meisiekind Olivier, is hul hoogstens Superrugby vlak!
2: Willem Alberts moet begin! Hy kan no.8 speel as Juan die no.1 verkose no.7 is.
3: CJ vd Linde, bliksem Rassie, hoe kon jy die Stormers begroting hiervoor gebruik?
4: Frans Steyn is ‘n heelagter. Vir Patrick Lambie sal daar beslis plek gemaak word, maar indien hy nie sy gekorrel pale toe kan verbeter nie, moet Morne Steyn nogsteeds begin.
5: Die Bokke het nie vir Bryan Habana nodig nie. Daar is beter as hy.
6: Die Bokke sal moet meer aanvallend speel en minder moet skop.
7: Die heel belangrikste is egter dat die Bokke nie vir John Smit nodig het nie! Bismarck du Plessis is die heelal se beste en daar is maklik nog drie ander beter SA hakers. The Beast en Guthro Steenkamp baie, baie beter loskoppe as Johno. Dok Jannie het die toets as vaskop geslaag, so ASSEBLIEF JOHN SMIT, tree uit!
Recent Comments