Bravo Wallabies and Sharks!
October 31, 2010 in Uncategorized
Eish WP, bravo Wallabies en goed is die Boktoerspan.
Baie geluk aan die Sharks en hul ondersteuners. Hul het welverdiend en maklik gewen! Geen verskonings nie!
Keagan Daniels, Bismarck du Plessis en Andries Strauss was puik!
Patrick Lambie, jy gaan een van die GROOTSTE BOKKE van ALLE TYE word! Snor, maak nie saak of jy hom, heelagter of selfs losskakel, kies nie! Kies hom nou want hy is die nommer 1 in albei daai posisies, no questions asked! Hy is die toekoms van Bokrugby en die X-faktor wat die Bokke gaan benodig vir volgende jaar se Wereldbeker!
Vir die WP, die beste nuus is dat Generaal De Waal nie volgende jaar daar gaan wees nie. Dank Vader hy het nooit ‘n Boktrui gedra nie! Die jonge heer Lambie het vir hom ‘n rugbyles geleer!
Die WP se lynstane was vrot en so ook hul hantering met +13 foute daar. Schalk moes met 30-20 minute oor pale toe geskop het met die telling 23-10. Die WP het te gou ‘catch up rugby’ probeer speel!
Die Sharks was eenvoudig Witdood-gediertes en die WP spelers is seer gemaak. Die Kaap is vandag seker vol papsnoeke?
Die WP/Stormers seisoen was toe nie ‘n sprokiesverhaal nie, maar wel ‘n riller waarop hulself kan terugkyk met trots en volgende jaar maar kan Weer Probeer.
Bring on the World Cup! If you have the balls, take a calculated risk and put your money on the Wallabies to become the first team ever to win the William Webb Ellis thrice! Die Wallabies het gewys dat in vandag se rugby jy nogsteeds vanaf eerstefase besit, vyfpunters kan behaal. Hul het ook bewys dat die All blacks se lynstane nogsteeds kwesbaar is. Hul het ook bewys dat Carter en McCaw hul sleutels tot suskes is.
Vir Sonny Bill Williams sal daar moet plek gemaak word. Waar, in Keino se plek!
Vir Springbok ondersteuners beteken dit seker meer dat die All Blacks nou nie Lithuania’s se wereldrekord van 18 toets oorwinnings in ‘n ry, kan breek met hul VK toer nie!
PS: Die ‘boekies’ het tans die All Blacks as gunsteling teen $2:1.
Gevolg deur die Wallabies $4:1 en die Bokke $5,7:1
Die grootste skande van die baie goeie Boktoerspan, is dat die puik en die beste no.8 in SA, Duane Vermeulen, weereens uitgemis het! Hoe de fok kan Puffer Skouponie alias Pierre Spies, die groep haal! Dit is tyd dat Ian McIntosh (daai suurknol Shark-konneksie) moet waai, of Duane moet Sharks toe skuif om gekies te word.
Wat kwellend is van die Bokgroep is dat slegs 2 uit-en-uit senters gekies is, De Jongh en De Villiers. Vier vleuels, Habana, Aplon (laasgenoemde, Patrick Lambie of Ruan Pienaar, sal teen die Iere 15 speel want Frans Steyn is nie beskikbaar vir daai toets nie?), Mvovo en Basson. Sou eerder vir Adi Jacobs of Andries Strauss, in Mvovo of Elton Jantjes se plek gekies het, tensy Frans Steyn ook as senter oorweeg gaan word?
Wat dink jul van die CB finaal, die Wallabies se wen en die Bokgroep (stem op Peiling)?








Recent Comments