You are browsing the archive for 2012 June 06.

Ope Brief aan Heyneke (snaakserig)

June 6, 2012 in Uncategorized

 

First of all, I received this email from a buddy and thought that I have to pass it on. Enjoy!

 

Liewe oom Heyneke


My naam is Hein en ek ken rugby nie so goed soos oom
dit ken nie. Ek het al baie van oom se suksesse by die Bloubulle gelees. Ek
moet sê dit lees nogal baie impressive. Ek hoor ook dat oom eintlik al vier
jaar gelede Springbokafrigter moes geword het, maar dat hulle ‘n bruinou gekies
het.

Ek is jammer dat oom toe nie die werk gekry het nie. Om
terug te kom na my punt Oom. Ek lees vanoggend die Rapport en sien dat oom die
Springbokspan gekies het. Soos ek gesê het ek is nie juis ‘n kenner van rugby
nie, maar dis darem ‘n baie kak span!

Almal wat ek ken dink ook so behalwe die paar
Bul-supporters wat plankbrille dra. Hoe kan oom 13 Bloubulle kies in ‘n groep
van 32? Is dit omdat oom by die Bulle afgerig het?

Of is dit omdat oom die Kapenaars haat? Oom het seker
nog nie die Superrugbylog gekyk nie. Die Kapenaars lê tans tweede terwyl die
Pienkes vyfde lê.

Maar dit maak seker nie vir oom saak nie. Toe oom ‘n
paar maande gelede aangestel is het ek gesê dat oom net kom kak droogmaak. Dat
oom net Bloubulle gaan oorweeg vir Springbokspanne. Lyk my ek was reg. Oom is 0
op ‘n bok-kontrak!

Oom is ook besig om die land se rugby te verdeel met
oom se kak span. Oom verwag tog nie dat ek vir Bloubokke moet skree wat nie op
meriete gekies is nie.

Of dink oom ek is dom omdat ek rugby nie so goed as oom
ken nie? Wel oom, ek kyk darem elke Saterdag rugby op die TV. En ek sien wie is
die inform-spelers.

Helfte van die wat jy gekies het speel sommer kak. En
dis my eerlike mening. My boetie wat vir die 5de keer in Gr 7 is dink ook dis
‘n kak span.

Hy sê oom het bloubul mentaliteit. Ek is nie seker wat
hy daarmee bedoel het nie. Hy vra of jy vir JJ Engelbrecht sou gekies het as hy
vir die Stormers sou gespeel het?

Ek dink ook nie so nie. My Boetie sê hy wil ‘n
anti-Heyneke beweging begin en dan na die parlement march om jou afdanking te
eis. My boetie is nogal ‘n yster en was al vyf keer in die tronk deur met
afrigters te baklei by klubwedstryde.

Hy woon ook Saterdag se toets by. Ek dog ek sê dit maar
net. My Boetie sê dat dit net dwisse is wat provinsiale belang bo nasionale eer
stel. Ek verstaan dit ook nie so lekker nie omdat ek breinverlies het.

Hy sê dat Oom Snorre nooit provinsies voorgetrek het
soos oom nou doen nie. Hy sê ook dis die hoekom oom nie vier jaar gelede die
werk gekry het nie. Oom sou glo Suid Afrikaanse rugby vier jaar gelede al
opgefok het.

Wel oom, dit lyk nogal asof my boetie die waarheid
praat. Ek weet ek is as gevolg van my gebrekkige rugbykennis nie in die posisie
om vir oom raad te gee nie, maar oom moet asseblief van die Bloubul mentaliteit
ontslae raak.

Dis nie net Gauteng en KZN wat vir die Springbokke
skree nie. So oom moet liewer ‘n verteenwoordigende span kies of oom gaan oom
se bloubul gat sien.

Ek sal maar voortaan stilbly wanneer die bloubokke teen
internasionale spanne speel. Want jou span verteenwoordig nie vir my nie. Oom
sal dink die brief is net galbrakery, maar ten minste 60 miljoen mense voel
vandag soos ek voel.

Hulle dink oom is die slegste ding wat met SA rugby
gebeur het. As jy nie glo nie kan jy maar op sosiale webwerwe gaan lees oom.

PS: My hond het vanoggend op ‘n koerant-foto van oom
gepee. Ek weet nie wat dit beteken nie, maar ek reken hy voel seker nes die
ander Bok-supporters.

Liefde
Poemie De Blitz

Switch to our mobile site